Suide treur oor twee geliefde landboureuse

Twee van die Suide se mees bekende landboufigure was ook slagoffers van die verwoestende derde pandemiegolf.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Groot leemtes is in die Suide gelaat met die dood van mnre. Nico van der Merwe (68) en Dolf de Wet (71) ses dae uit mekaar aan Covid-19.

So verweef as wat Van der Merwe met die boerderylandskap van Noordoewer was, so deel was De Wet van Grünau se skaap- en toerismebedryf.

Van der Merwe, uitvoerende direkteur van Sonop Farms asook Naturesmart wat varsproduktebemarking, -uitvoer en -verpakking doen, is op 17 Julie aan Covid-verwante oorsake in die Mediclinic Panorama-hospitaal in Kaapstad oorlede.

Op 23 Julie is De Wet op Swakopmund aan Covid oorlede. Sy dogter, Niekie, is met Van der Merwe se seun, Albert, getroud.

Me. Kinna de Wet (62), sê haar man het die aand voor sy dood nog gevra hoe dit met sy swaer gaan. “Ons het nie vir Dolf gesê Nico is dood nie.”

Wyle Van der Merwe het in 1981 op ses hektaar by Noordoewer begin boer ná hy sy werk by die destydse spoorweë laat vaar het. Hy het die boerdery tot 4 000 ha uitgebrei, waarvan 900 ha onder besproeiing is, en ook die agribesighede gevestig. Sonop Farms verbou tafeldruiwe, botterskorsies, tamaties en soetrissies. Naturesmart doen ook uitvoer en bemarking vir ander boere.



'GENTLE GIANT'

Wyle De Wet was die derde geslag op Mickberg, vertel Kinna. Buiten vir skaapboerdery, bedryf hulle ook sy Swanevelder-familie se ou plaasopstal, Die Withuis, as 'n gastehuis. Hulle myn ook rooskwarts op die plaas. “Mickberg was Dolf se ma, Febe, se familieplaas. Hulle was Swanevelders,” vertel Kinna.

Erns Grundling van Elders-faam het in die eerste episode van Elders Namibië op Mickberg by die De Wets gekuier. Die episode eindig waar hy en De Wet skemeraand 'n drankie geniet op 'n koppie op die plaas. Dit is in April verfilm.

Kinna, wat haar man van 43 jaar as 'n “gentle giant” beskryf, sê daardie oomblik daar op die koppie “het sy hele persoonlikheid vasgevang”. “Hy was so dankbaar oor die goeie reën hierdie jaar.

"Die Here was goed vir ons hierdie jaar. Ons het sulke ongelooflike swaar jare agter die rug met die droogte.”

Kinna sê sy het net mooi herinneringe aan haar man. “Daar was nooit droogtes in ons huwelik nie, net op die plaas.”

Sy sê Dolf was soos 'n pa vir die Grünau-gemeenskap en sy dood laat 'n groot leemte. “Hy was die een na wie almal opgesien het.”

Hy laat buiten vir Kinna en sy dogter Niekie, ook sy seun Dolf en sy dogter Febe agter.

Van der Merwe laat benewens Albert ook sy vrou Marie en sy drie ander kinders, Nico, Thelana en Marais agter. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.44/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.63/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 949.60/T UP 1.05% | Brent Crude Oil US$ 84.74/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 991.07/OZ UP +0.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.44/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.63/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 949.60/T UP 1.05% | Brent Crude Oil US$ 84.74/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 991.07/OZ UP +0.58%