Suide se mynwerkersvakbond teen Mutjavikua

Augetto Graig
Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) se Suide-tak het ook die bedanking van die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua, geëis.

Volgens mnr. Shavuka Mbidhi van die Namdeb-tak, en voorsitter van die vakbond se Suide-streek, bevorder Mutjavikua uitbuiting van werknemers deur maatskappye aan te moedig om hulle af te dank, werksgeleenthede te verminder en myners teen laer vergoeding en minder voorregte aan te stel.

As Mutjavikua nie bedank nie, moet president Hage Geingob, wie hom aangestel het, hom herroep, sê Mbidhi.

“Mnr. Mutjavikua is ? las op die Namibiese werkers in die algemeen, en op die Namibiese regering in die besonder,” sê Mbidhi.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer