Suide-prokureur by skaapdiefstal betrek
Francoise Steynberg
Ná 130 skape op 'n plaas by Aroab in Desember 2014 glo gesteel is, het die verhoor van 'n bekende prokureur van Karasburg en drie inwoners van Keetmanshoop eers gister in die streekshof op Keetmanshoop afgeskop.
Die drie beskuldigdes van die Keetmanshoop-distrik, mnre. Louis Phillips Descande (49) en Heino Christopher van Zyl (25) en sy ma, me. Christine Helen van Zyl (52), word daarvan beskuldig dat hulle op 19 Desember 2014 altesaam 130 skape ter waarde van N$130 000 op die plaas Sandputs van mnr. Giel Both naby Aroab gesteel het.
Volgens die adresse van Descande en me. Van Zyl woon hulle op plotte buite Keetmanshoop, terwyl haar seun se adres die plaas Tranetal, suid van Aroab, is. Volgens die klagstaat is Descande en mnr. Van Zyl op 30 Desember 2014 in hegtenis geneem, terwyl me. Van Zyl op 9 April 2015 in hegtenis geneem is.
klag van regsverydeling
Die prokureur van die regsfirma Cox & De Kock op Karasburg, me. Thea Scheepers (52), staan tereg op 'n klag van regsverydeling nadat sy na bewering op 5 Januarie 2015 vir Descande opdrag gegee het om die gesteelde skape se oorplaatjies met syne te vervang.
Al vier beskuldigdes het onskuldig op die klagte gepleit.
Mnr. Susley Sizengwe is op die bank en mnr. Basson Lilungwe verskyn vir die staat.
Mnr. Percy McNelly van die regsfirma Lentin, Botma & Van den Heever verdedig Descande en die Van Zyls en word deur sy vennoot, mnr. Gerrit van den Heever, bygestaan.
Scheepers word deur adv. Louis Botes verdedig, terwyl hy deur mnr. Callie le Roux van CJ le Roux en Vennote van Keetmanshoop bygestaan word.
Die verhoor duur vandag voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie