Suid-Soedan beskuldig regering van nuwe aanval
Johannesburg – Suid-Soedan se gewapende opposisie het regeringsmagte beskuldig van ‘n aanval op ‘n dorp waar duisende ontwortelde mense naby die Soedanese grens geskuil het.
Die mense moes na bewering opnuut vlug.
Segsman Lam Paul Gabriel het hierdie week se aanval op Aburock as ‘n “daad van terreur teen onskuldige burgerlikes” beskryf. Die dorp was een van die min oorblywende rebellevestings in die streek.
Aburoc het ongeveer 10 000 mense gehuisves. Baie is al verskeie kere deur die burgeroorlog in Suid-Soedan ontwortel.
Die regering se woordvoerder, Ateny Wek Ateny, het gesê troepe sou net in selfverdediging aangeval het.
Dokters Sonder Grense het tydelik sy spanne uit Aburoc onttrek nadat spanning Maandag toegeneem het. Die groep se missiehoof in Suid-Soedan, Jaume Rado, het gesê die bevolking verkeer in gevaar. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie