Suid-Afrikaners het weer hoop

Ronelle Rademeyer
Die bedanking Woensdagnag van pres. Jacob Zuma en die inhuldiging van mnr. Cyril Ramaphosa as Suid-Afrika se nuwe president Donderdag, het vir Suid-Afrikaners, wat sat vir korrupsie is, hoop gebring dat 'n tyd van nuwe opbou aangebreek het. Republikein het per WhatsApp met 'n paar gesels.

Megan Smith (21) van Stellenbosch:

“Suid-Afrika het vandag weer met ‘n glimlag en vol hoop wakker geword. Zuma se bedanking kom as ‘n onverwagse, maar welkome Valetynsdaggesenk en gee die meeste Suid-Afrikaners rede om te juig. Vandag is die eerste dag van Suid-Afrika se lang pad terug van korrupsie, en die misbruik van mag en wantroue in ons regering en regstelsel. Zuma se val is hopelik ook die begin van die ineenstorting van die Gupta-ryk. Ek is opgewonde oor die toekoms, maar weet ook die ruimte vir foute is ewe groot. Viva, Suid-Afrika!”

Noa Milan (29) van Melkbosstrand:

“Zuma se bedanking het verseker vir ‘n groot sug van verligting gesorg, maar ons hou steeds ons asems op. Dit is amper te goed om waar te wees. Suid-Afrika se regering is so besmet met oneerlike en onkundige ‘leiers’. Almal moet bedank voor werklike verandering gesien kan word. Ek is beslis dankbaar dat Zuma bedank het, maar gaan nog nie heeltemal tot ‘n victory dans commit nie. Die tyd sal wel leer.”



Sonnette Lombaard (53) van Linden, Johannesburg:

“The life and times of Jacob Zuma verskil weinig van die Afrika-patroon van te veel despote se liederlike spore wyd oor ons vasteland. Dít ondanks ‘n moderne mens en samelewing wat al oorgenoeg uit die geskiedenis harde lesse hieroor moes leer. Helaas teiken dié soort korrupte magsmisbruiker dikwels die politieke arena waar ‘n massa-magsbasis handig is. Gewoonlik swakker geskool, is hulle slinks-slim vir pad oopplavei tot heel bo, met fyn plasing en versameling van gunste en gawes en hulp van die regte mag en geld rondom hulle. Bestyg hulle dan die troon, word verwaand baljaar.

“Nog ‘n gemene deler van sulke politieke - en samelewingskuim is eiewaan: daai oenskynlike sterk geloof dat hulle onaantasbaar is, waarvan JZ gedrup het. Goddank wys die geskiedenis dat geen so ’n boosheid permanent aan bewind kan bly of seëvier nie, want die vergrype raak te veel en groot en die verrotting sypel onkeerbaar na die oppervlak.

“Jippie, Jacob Zuma is eindelik planke toe, maar nie voor hy wye en langdurige skade berokken het aan ‘n land wat eens as ‘n voorbeeld van ‘n nuwe nasie geparadeer is nie! Hierdie hedendaagse tragedie beklad my land se swaarverworwe vryheid en aansien. Tog is weer opstaan en oor begin deel van ‘n volk se psige. Heropbou en hoop is nou in Suid-Afrika se visier. . . meer nog, die versugting dat die peperduur lesse van die rondgaande JZ-sirkus blywend sal afsmeer aan die hele Afrika waar fyn balanseertoertjies eenmaal dikwels aan die orde van die dag is.”

Rita Garrod (48) van Stellenbosch:

Zapiro se spotprent, The end of an error, het dit mooi opgesom en nou hou ons duim vas dat daar wel lig aan die einde van die tonnel is en dat daar nie te veel geraamtes uit Ramaphosa se kas val nie . . .

Ds. Siya Twani (58) van Londen in Brittanje:

“Ek wil soos baie oorstelpte Suid-Afrikaners ons nuwe president geluk wens. Ek glo hy is deur God geroep om te lei in ‘n tyd soos hierdie.

“Ek woon reeds 20 jaar in Brittanje, maar is gereed om nou terug te keer na Suid-Afrika en na die ANC, vir wie ek destyds in die tronk gesit het.

“Die mure is afgebreek. Laat ons nou saam bou aan ‘n nuwe Suid-Afrika sonder korrupsie en nepotisme.

“Ek weet pres. (Cyril) Ramaphosa sal voortbou op die wonderlike werk van Tata Madiba en ek bid hom krag en wysheid toe.”

Deon Lamprecht (56) van Melville, Johannesburg:

"Dit was vir my, en heelwat mense met wie ek daaroor gepraat het, byna onwerklik dat Jacob Zuma uiteindelik weg is. Dis ’n swaar, neerdrukkende las op ons nasionale gemoed wat verwyder is, ‘n kanker wat uitgesny is. En in sy plek, soos ’n sonstraal deur die wolke, is daar ewe skielik Cyril Ramaphosa.

"Kyk, die skade wat Zuma, sy base die Guptas en hul sikofantiese kliek aan ons land, ons staatsinstellings, ons nasionale eenheid, ons ekonomie en internasionsale aansien aangerig het, gaan baie, baie lank vat om te herstel. Ons land en ons mense is van ‘n hele dekade beroof, soos ‘n stuk vleis wat fisies uit ons gesny is. Geen leier op sy eie kan dit wegtoor en sommer net genees nie. En ons moenie vergeet dis die ANC in sy geheel wat Zuma bemagtig het om te doen wat hy gedoen het nie. Of die party homself kan hervorm onder Ramaphosa en hom help om te doen wat hy moet doen, sal ons nog sien.

"Maar kom ons vier eers hierdie oomblik, want die hemel weet ons het nodig om iets te vier. Zuma is weg. Die Guptas word gejag. Juig al wat leef! Die belangrikste eerste stap op die pad na herstel is geneem.

"In Zuma se plek is ‘n bewese en goeie leier en bestuurder, ‘n intelligente, opgevoede en warm mens en onderhandelaar. Iemand wat al klaar die boodskap uitstuur dat hy ‘n president vir alle Suid-Afrikaners wil wees, soos Nelson Mandela was, eerder as die Guptas se president. Iemand wat wil verenig, eerder as om te verdeel en heers. Iemand wat dit duidelik maak hy wil die ANC van Zuma omskep in die ANC soos dit onder Nelson Mandela was.

"Ons het weer ’n president van wie ons kan hou, wat ons as mens kan respekteer eerder as verag.

"Daar lê nog baie moelike en uitdagende tye voor. Maar kom ons vier net hierdie oomblik en pak die res aan soos dit kom."

Ricardo Arendse (32) van Melville, Johannesburg:

"Madiba wou hê Cyril Ramaphosa moes hom opvolg, maar die ouer manne het Thabo voorgesit omdat hy ‘baie meer’ as Ramaphosa gedoen het om ons tot by '94 te bring. Soos (Jakes) Gerwel (akademikus en anti-apartheidsaktivis) wat ook besef het dat sy saak uitgedien was, raak Ramaphosa toe ontslae van sy rooijas en mik vir tjekboeke. Nou daar’s niks mee fout nie. Ek sukkel tog om die gentlemanly figure wat hy voorgooi te aanvaar, ek weet nie hoekom nie.

"Wat ek wel weet, is dat hy met een hand agter sy rug vasgemaak sal moet baklei om 'n topses, wat in die middel verdeel is, onder beheer te hou en dit is 'n moeilike saak. DD Mabuza en Ace gaan hom al sy dae gee en sy hantering van die Zuma-bedanking mag dalk die groter ANC as ruggraatloos expose."

Beer Adriaanse (32) van Kaapstad:

"As iemand wat destyds vir al my vriende gesê het om vir Zuma ‘n kans te gee, en toe moes toekyk hoe hy stelselmatig my land van binne af laat vrot, is ek oneindig verlig dat hy nou deur sy sondes ingehaal word sodat ons hopelik ‘n nuwe hoofstuk kan oopmaak."

Clint Brink (37) en Steffi van Wyk-Brink (26) van Johannesburg:

"Elke mens verdien tog die voordeel van die twyfel, hoewel daar net 'n sekere aantal kanse kan gegee word in die lewe. Dis menslik. Die verantwoordelikheid wat 'n president aanvaar wanneer hy sy amp betree is groot, en ongelukkig het Zuma te veel kanse verkwis.

"My pa het altyd gesê wanneer ’n krummeltjie brood word . . . Dit is so toepaslik in hierdie konteks, want wanneer jy nie gewoond is aan status en geld nie, sal jy skep wanneer dit pap reën. Ons vertrou dat Ramaphosa nie net sal lei nie, maar 'n paar veranderinge sal bring - nie net tot voordeel van homself nie, maar die nasie in geheel. Positiwiteit is die sleutel tot 'n beter toekoms, altyd!"

Danny Digashu (27) van Bakenberg in Limpopo:

"Wel, 'n nuwe dag het eindelik gebreek, die einde van die JZ-era kondig 'n nuwe dag aan en, hoe opwindend dit ook al is, is dit ook erg, aangesien daar onsekerheid is oor wat wag.

"Hierdie onsekerheid is egter beter as wat ons met hom aan bewind gehad het. Daar is soveel hoop nou vir die land en die ekonomie en ons kan vorentoe kyk na 'n potensieel blinker toekoms en 'n meer verenigde Suid-Afrika. Ek hoop vir baie minder korruspie deur die staatsamptenare en die politici in die algemeen."

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%