Suid-Afrika verleng inperking met twee weke
Elvira Hattingh - Inperking in Suid-Afrika is met twee weke tot einde April verleng. Dit beteken die meeste bestaande inperkingsmaatreëls in die buurland sal tot die einde van die maand van krag bly.
Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa sê ook in die komende dae sal daar ondersoek word hoe risiko-aangepaste maatreëls ingespan kan word om die herstel van die ekonomie moontlik maak, “wat die terugkeur na bedrywighede van sekere sektore onder streng beheerde toestande toelaat.”
Ramaphosa sê die besluit om die buurland se inperkingstyd te verleng, is nie ligtelik geneem nie. “Ek is baie bewus van die impak wat dit op ons ekonomie sal hê,” het hy in ‘n toespraak vroeër vanaand gesê.
Hy sê almal wil hê die ekonomie moet weer “lewendig” raak, almal wil terugkeur na hul werke, hê skole moet weer begin en almal wil weer vrylik beweeg. “Ons onmiddelike prioriteit moet egter wees om die verspreiding van die virus stadiger te maak en ‘n massiewe verlies aan lewens te voorkom."
Hy sê die stryd teen die corona-virus is ver van verby. “Om dit eenvoudig te stel, as ons die inperkingstyd té vinnig of té skielik eindig, loop ons die risiko vir ‘n massiewe en onbeheerde herlewing van die siekte,” het hy gesê.
Die buurland het 1 943 gevalle van Covid-19 en 18 mense is reeds aan die virus dood. Ramaphosa sê alhoewel dit steeds te vroeg is om ‘n definitiewe analise van die vordering van die siekte te maak, is daar genoegsame bewyse dat die inperking werk.
Dit omdat die infeksiekoers aansienlik verminder het sedert die inperking begin het. “In die twee weke vóór die inperking was daar ‘n daaglikse toename van 42% nuwe gevalle. Sedert die begin van die inperkingstyd was dit sowat 4%,” het Ramaphosa gesê.
Wêreldwyd is reeds meer as 1,5 miljoen mense met die virus gediagnoseer, terwyl daar reeds 90 000 sterftes is.
FOTO NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie