Suburbs voeg nuwe borg by
Rugby
FNB Western Suburbs rugbyklub het gister Castle Lite as een van sy prominente borge bekend gestel.
Castle Lite het aan die eerste span wat tans vyfde in die NRU premierliga is, 'n stel wedstryduitrusting vir die seisoen tesame met opwarmdrag oorhandig.
FNB Namibia behou as hoofborg van die klub prominensie voorop die trui, met Castle Lite se embleem hoog op die rugkant.
“Borge is van onskatbare waarde vir rugbyklubs in hul daaglikse stryd om oorlewing en ons mikpunt is om deur ons gedrag en prestasies waarde by te voeg,” het Western Suburbs se uitvoerende president, mnr. Keith Allies, gister by die bekendmaking gesê.
Castle Lite word plaaslik deur ABinBev Namibia bemark, wat tot laat verlede jaar as SAB Miller handel gedryf het. Die maatskappy se bemarkingsbestuurder, me. Marlize Maree, het gesê die borgskapooreenkoms strek voorlopig net vir die huidige seisoen en dat beide partye gemaklik is daarmee.
Mnr. James Camm, een van Suburbs se erepresidente, het gesê verantwoordelike bestuur, dissipline en 'n verbintenis tot ontwikkeling is die pilare waarop 'n sportklub se sukses gebou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie