Suburbs reik uit na Okahandja
Die rugbyklub FNB Western Suburbs van Khomasdal het uit sy pad gegaan om gister 'n skenking van N$10 000 aan Okahandja-rugbyklub te oorhandig. Die geld dien as bydrae vir die noordedorp se vrouespan, die Huskies, asook die manspan genaamd Bulldogs wat vanjaar ingeskryf het om in die NRU eerste liga mee te ding. Western Suburbs se voorsitter, mnr. Keith Allies, sê die Khomasdalse klub doen sy deel om geld af te knyp ter ondersteuning van verdienstelike projekte in die gemeenskap. “Ons glo rugby en sport in die algemeen bied 'n belangrike geleentheid vir die jeug op die platteland om hul individuele leierskap behoorlik te ontwikkel, eerder as om in die versoekings van alkoholmisbruik of tienerswangerskappe te verval.” Van links staan Tabitha van Wyk (vrouespeler van die Okahandja Huskies), Imano Williams (Okahandja Bulldogs se kaptein), mnr. Leon Esterhuizen (Suburbs se ondervoorsitter), Shevonne de Klerk (die Huskies se kaptein) en Ferdi Coetzee (voorsitter van Okahandja-rugbyklub). Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie