Suburbs druk ses drieë teen Rehoboth
Klubrugby
Andrew Poolman – FNB Western Suburbs se seisoen het op 'n positiewe noot begin toe hy Saterdag sy vriendskaplike rugbywedstryd op sy tuisveld teen FNB Rehoboth gewen het.
Die wedstryd was met tye meer kompeterend as wat die Khomasdallers se wegholtelling van 40-12 aandui. Hulle was rustyd met 12-5 voor en hul ondernemende agterlyn kon inderdaad méér drieë afgerond het, maar Rehoboth het ook tot hul eie ondergang bygedra met riskante stukkies spel om die agterstand te probeer uitwis.
Vir die wenspan het die skrumskakel AJ Kearns, die senters Ricardo Swartz en Mbimbo Mbai, losskakel Justin Nel, agtsteman Sebastian Kameya en heelagter Morgan Krone drieë gedruk. Doelskoppe is deur Nel (2) en die latere plaasvervangers Godwin Silvanus (1) en Raschano van Rooi (2) bygevoeg.
Rehoboth se punte was drieë deur skrumskakel Ascher Coetzee en haker Jeandre Cloete, waarvan net die tweede deur losskakel Henrique Olivier verdoel is.
Suburbs het agterna die woelige loskopstut Chemigan Beukes, wat tevore ook vir Rehoboth gespeel het, as sy speler van die wedstryd aangewys.
'n Nuwe gesig in die Rehoboth-trui was die stewige agtsteman Cameron McNab. Die voormalige Unam- en Namibië o.20-speler van 2016 maak sy terugkeer tot die speelveld nadat hy sy skorsing van vier jaar vir die gebruik van 'n onwettige steroïed uitgedien het.
Rehoboth, afgerig deur sy voormalige agtsteman Johann Wohler, se tweede span het Suburbs II met 16-12 geklop. Suburbs het agterna sy flank en kaptein Dale Cloete as sy speler van die wedstryd aangewys.
NRU VERGADER
By sy algemene jaarvergadering Saterdag het die Namibië Rugby-unie (NRU) die voorgelegde wedstrydprogram vir sy ligas aanvaar, wat op 10 April sal afskop.
“Vanweë die huidige Covid-beperkings en protokol word net 'n eerste rondte gespeel. Indien 'n latere ronde moontlik is, sal dit as 'n afsonderlike kompetisie getel word,” sê die NRU in 'n verklaring.
Namibië bied ook van 1 tot 11 Julie die suidelike streektoernooi van Rugby Afrika se bekerkompetisie aan, met Madagaskar en Ivoorkus as die twee besoekers.
Terselfdertyd word 15-speler vrouetoetse ook teen besoekende spanne aangebied, waarvan die wenner na 'n kontinentale kompetisie in 2022 sal vorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie