Stywe lyne!
Hengelaars staan op 20 Desember bankvas by Myl 68 tydens die tradisionele kabeljoustormloop. Die foto is deur Richard Botha geneem. Op die ander foto is Johan Pretorius van Windhoek met ‘n vroeë Kersgeskenk – ‘n kabeljou van ‘n geskatte meer as 30 kg wat hy net noord van Myl 72 uitgetrek het. Hy het die ou grootte weer terug in die water geplaas. Ons berig in môre se uitgawe oor gister se Bonanza-hengelkompetisie op Hentiesbaai.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie