Stut Smith by United vereer
Klubrugby
Andrew Poolman - Die vaskopstut Collen Smith is as Trustco United se sportman van die jaar aangewys toe die blou truie die naweek hul prysoorhandiging vir die 2016-seisoen gehou het.
United is die oudste rugbyklub in die land en is in 1916 gestig. Ongelukkig kon sy honderdste bestaansjaar nie met nog ’n titel in die NRU premierliga afgerond word nie, toe United in die halfeindronde uitgeskakel is.
Afrigter Jood Opperman se Filistyne het in 2014 die laaste van die klub se 21 titels as regstreekse houer van die nasionale premierliga ingepalm. Nog twee kere is die trofee met die destydse Polisie-klub gedeel.
Die 25-jarige Collen Smith was een van twee United-spelers wat vanjaar die nasionale span in toetsrugby verteenwoordig het.
Die flank Morné Blom was die ander een, terwyl spelers soos Zayne Groenewaldt (flank), Dewald Coetzee (haker) en die stutte Arno von Wielligh en Ignus Tripodi ook gedurende die Curriebeker-seisoen op ’n hoër vlak meegeding het.
In sewesrugby was Nandivatu Karuuombe, Tuna Amutenya en Handré Bezuidenhout lede van die nasionale span wat onlangs verras het deur die silwermedalje by die Afrika-kampioenskap in Nairobi in te palm.
Op afrigters- en bestuursvlak het United ook mense soos Robbie Dickson, Desiré Coetzee, Jood Opperman en Winmar Rust opgelewer wat agter die skerms gewerk het om sake by die Namibiese o.20-, sewes- en Curriebekerspanne te laat vlot.
Arno von Wielligh en Ignus Tripodi het die Namibiese junior span by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi verteenwoordig. In die volgende ouderdomsgroep was skrumskakel Morenzel Strauss ’n lid van die o.19-span wat ook deurgedring het om volgende jaar die vasteland se plek by hierdie toernooi in te neem.
Die kaptein van United se eerste span, Winmar Rust, was een van drie klubmanne wat in die afgelope seisoen hul 100ste wedstryd vir die Filistyne gespeel het. Die haker Morné Louw en Tertius van Vuuren (haker/flank) was die ander twee.
Haker Dewald Coetzee het die trofee as rugbyspeler van die jaar ontvang.
Die naweek se ander wenners van toekennings:
Beste verdediger: Jandre Lamprecht
Mees toegewyde speler: Winmar Rust
Beste vordering, junior speler (eerste jaar by die klub): Kamaa Kajau.
Beste vordering, senior speler: Zayne Groenewaldt.
Derde span, beste voorspeler: Likius Hamunyela.
Derde span, beste agterspeler: Anthony Shihepo.
Tweede span, beste voorspeler: Lionel Nantes.
Tweede span, beste agterspeler: Donovan van Wyk.
Derde span, mees waardevolle speler: Felix Humphries.
Tweede span, mees waardevolle speler: Panduleni Lombaard (Oupa).
Beste junior speler: Morenzel Strauss.
Beste senior speler: Martin Cronjé.
Klubman van die jaar: TW Koorts.
LEIERS AANGEMOEDIG
Namens die sportklub se hoofborg, Trustco, het dr. Quinton van Rooyen die vrywilligers geloof wat oor die jare hul tyd en moeite opgeoffer het om tot United se sukses op en van die veld by te dra.
“Julle is die mense wat verstaan dat om ’n leier te wees, moet jy eerste ’n dienaar wees,” het Van Rooyen gesê.
Hy het besluitnemers aangemoedig om sportklubs toenemend as ’n besigheid te benader. In dié benadering moet enige topbestuur ook aanpasbaar wees om dikwels van taktiek te verander wanneer dit vereis word.
“Al wat nodig is, is een mens met vertroue in ’n visie. So ’n persoon is meer waardevol as ’n honderd ander wat net ’n belangstelling het.
“Ons geskiedenis is propvol voorbeelde van gewone mense met buitengewone vasberadenheid. As Namibiërs het die tyd aangebreek om eensgesind en met vasberadenheid vorentoe te beweeg. Hindernisse in ons pad kan ons tydelik stuit, maar net onsself kan dit permanent doen.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie