Stukkende raket van Serena haal R300 000
Tennis
’n Tennisraket wat Serena Williams op die baan in een van haar tirades in 2018 se omstrede Amerikaanse Ope-eindstryd teen Naomi Osaka flenters geslaan het, is vir meer as R300 000 (US$20 910) op ’n veiling verkoop.
CNN berig Williams het die raket destyds vir ’n baljoggie gegee. Hy het dit vroeër vanjaar vir US$500 aan ’n handelaar in sportgedenkwaardighede in Manhattan verkoop.
Die eindstryd waarin Osaka (Japan) vir Williams met 6-2, 6-4 geklop het, sal onthou word vir die Amerikaner se skouspelagtige uitval met die skeidsregter, Carlos Ramos, waarvoor sy met ’n pot gestraf is.
’n Goue medalje wat Jesse Owens op 1936 se Olimpiese Spele verower het, het ook US$615 000 (sowat R9 miljoen) op die veiling in New Jersey gehaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie