Studente wil hulpfonds sluit
Die NSFAF wys te veel studente weg wat wel vir finansiële hulp in aanmerking kom.
Augetto Graig
Betaal, of ons sorg dat julle volgende week sluit.
Dít was Vrydag die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) se boodskap aan die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF).
Nanso het die NSFAF tot vyfuur gistermiddag gegee om alle agterstallige betalings in te haal.
Die eis was dat alle uitstaande geld vir verlede jaar se nie-onderrigonkostes teen gisternamiddag aan studente uitbetaal word, alle klasgelde vir 2018 betaal word, en dat die helfte van nie-onderrigfooie vir vanjaar ook teen dan betaal is.
Mnr. Bernhard Kavau, die studente-organisasie se visepresident, het gesê hul eise is nie onderhandelbaar nie.
“Indien die NSFAF nie hieraan voldoen nie, sal Nanso gedwing wees om die NSFAF se hoofkantoor op 4 Julie te sluit. Ons moedig alle studente aan om ons te ondersteun in die sluiting van die NSFAF indien hulle nie daarin slaag om ons ooreenkoms na te kom nie,” het hy gesê.
Volgens Kavau het die NSFAF en Nanso laas jaar reeds ooreengekom dat alle uitstaande geld voor die einde van 2017 betaal sou wees.
“Hulle ignoreer ons egter sedert die ooreenkoms en hou met hul arrogante optrede vol.”
Die besluit om onmiddellike betaling te eis en om drastiese stappe te doen, volg op 'n vergadering verlede Donderdag tussen studenteleiers van die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die Internasionale Universiteit van Bestuurswese (IUM), die Namibiese Instituut van Tegnologie (NIT) en Triumphant-kollege.
“Dit is ons voorreg as 'n studenteliggaam om die regte en belange van studente met betrekking tot goeie gehalte onderwys te verdedig,” het Kavau gesê.
By verlede week se vergadering is ook besluit om beswaar te maak teen die NSFAF se afkeuring van finansiering vir studente wat wel aan die vereistes daarvoor voldoen.
“Die NSFAF-begroting is tot 1,4 miljard vir die 2018-'19-boekjaar verhoog, maar die fonds versuim steeds om studente se studies te finansier.
“As verteenwoordigers van die studente is ons erg bekommerd en beleef ons slapelose nagte as gevolg van die groot getal studente wat die NSFAF vir die 2018- akademiese jaar verwerp het,” het Kavau gesê.
“Daarom eis ons dat die NSFAF so gou as 25 Junie 2018 'n appèlproses in werking stel sodat studente wat weggewys is, ook geakkommodeer kan word,” het die studenteleier gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie