Strydkinders mor weer
Augetto Graig - 'n Groep Strydkinders het vanoggend voor die hoofkantoor van Swapo in Windhoek saamgetrek om opnuut hul misnoeë met die regerende party se leë beloftes uit te spreek.
Buiten vir hul ontevredenheid oor 'n gebrek aan werkgeleenthede was hulle ook krapperig omdat hulle nie geld of vervoer gehad het om die begrafnis van 'n mede-Strydkind by te woon nie, het mnr. Nangolo Mbumba, sekretaris-generaal van Swapo, ná afloop van 'n gesprek met die groep gesê.
Mbumba het aan die media gesê die Strydkinders bly onwillig om opgelei te word sodat hulle ordentlike werk kan kry. "Hulle moet leer om die program van die regering te volg," het hy aan die media gesê.
Volgens Mbumba is besluit om 'n vergadering tussen homself, die leiers van die Strydkinders en die sekretaris van die kabinet te reël om die probleem te takel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie