Stryd wel op tussen mediese dienste en rolprentbedryf
Des Erasmus - 'n Voortslepende getwis van noodmediese personeel wat in private hoedanigheid optree en rolprentmakers in die Namib, kan oorgaan in 'n polisieondersoek na die Namibiese registrasie en die werkspermitte van Suid-Afrikaanse instansies wat so 'n bystanddiens aan die rolprentbedryf lewer.
'n Aanmelding van die beweerde vergryp by die polisie is die naweek bevestig.
Die verset spruit uit rolprentmaatskappye wat in Suid-Afrika ooreenkomste met paramediese dienste aangaan om hulle tydens verfilming in Namibië by te staan.
Die geskil het sowat twee jaar gelede die eerste keer uitgeslaan tydens die verfilming van Mad Max: Fury Road. Die Australiese maatskappy wat vir die verfilming van Mad Max veantwoordelik was, het na bewering uitsluitend van die Suid-Afrikaanse noodmediese spanne gebruik gemaak.
Die geskil het opgevlam met die beweerde koms van 'n rolprentspan vir die vervaardiging van ''n aflewering in ''n wetenskapfiksiereeks. Die fliekmakers maak na bewering weer uitsluitend van ''n Suid-Afrikaanse paramediese span gebruik. Die verfilming gaan blykbaar byna drie maande duur en ''n bewering is dat ''n stel reeds deur ''n voorloperspan by die Rössingberg net buite Swakopmund opgerig word. Dit is dieselfde gebied wat vir die onlangse vervaardiging van The Mummy gebruik is.
Die vervaardigers van die bekroonde Mad Max-rolprent het tydens die oorspronklike relletjie glo gedreig dat die private Namibiese instansies nooit weer deur fliekmakers gebruik gaan word nie, sou hulle nie hul verset staak nie.
Die hernieude verset word deur Terence Ward, een van die bekendste aanbieders van noodmediese dienste langs die kus, gelei. Hy het aanvanklik namens noodmediese dienste in private besit langs die kus opgetree. Ward het die voortou geneem in die huidige protesgolf. Hy bevraagteken die registrasie en die werkspermitte van die Suid-Afrikaners in Namibië. In samewerking met ander instansies in private besit het Ward met sy besware op skrif gegaan. Hy het sy brief aan alle belanghebbende groepe in Namibië gerig. Ward skryf hy het by twee vorige geleenthede navraag gedoen oor die registrasie en die werkspermitte van die Suid-Afrikaners. Volgens hom was die antwoorde elke keer dat registrasie nie gedoen is nie en dat werkspermitte nie uitgereik is nie.
Ward skryf dat Namibië oor noodbystandpersoneel beskik wat die werk kan doen.
“Namibië het op die gebied van noodmediese dienste geweldig gevorder en beskik oor meer as genoeg bystandpersoneel. Soos wat dit nou aangaan, sal die mense nooit ''n geleentheid kry om ''n salaris te kry nie.
“Dit is ''n kriminele oortreding om sonder registrasie of ''n werkspermit sodanige dienste in Suid-Afrika te lewer. Maar hier laat ons dit toe om te gebeur. En daar kraai geen haan daarna nie.
“Hoekom word van ons verwag om eers met die rolprentkommissie te skakel? Hoe kan die kommissie besluit of dit toelaatbaar is of nie?”
Ward se optrede het feitlik onmiddellik sterk ondersteuning van bystandpersoneel in nood in Windhoek gekry. Vrydag is bevestig dat een so ''n diens die aangeleentheid met die rolprentkommissie opgeneem het en terselfdertyd met die stasiebevelvoerder van die polisie op Swakopmund geskakel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie