Stryd van Olimpiese afmetings
Afrigter Hans du Toit (foto) en sy Namibiese span het gisteroggend via Addis Abeba in Bahir Dar, Ethiopië aangekom waar die Afrika-padfietskampioenskap die naweek begin. Die gesogte kwalifiserende geleentheid vir die 2020 Olimpiese Spele in Japan lok die deelname van die kragtigste ryers op die vasteland. Namibië sal nie vandag aan die spantydtoetse deelneem nie, met die eerste fokus Sondag op die individuele tydtoetse. Maandag is die junior mans en vroue se padresiese, voor die elite mans en vroue se hewige mededinging volgende Dinsdag. Namibië word verteenwoordig deur Dieter Koen (junior mans), Vera Adrian (elite vroue), Dan Craven, Drikus Coetzee, Alex Miller en Xavier Papo (elite mans). Foto Ulla von Holtz
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie