'Stropers' in Botswana was Zambiërs
Die twee vermeende stropers wat Sondag in Botswana doodgeskiet is, is nie Namibiese burgers nie.
Die Namibiese polisiehoof in die Zambezistreek, komm. Karel Theron, het pas aan Republikein bevestig, dat die oorledenes Zambiese burgers is.
"Ons het van ons eweknieë in Botswana bevestiging gekry dat die oorledenes Zambiërs is," het Theron gesê.
"Die vuurwapens waarop beslag gelê is, is ook nie op die Namibiese vuurwapenregister nie."
Die twee vermeende renosterstropers is Sondag in die Moremi-wildpark doodgeskiet toe hulle glo op die spoor van 'n gekweste renoster was.
Die INK Centre for Investigative Journalism het in 2016 berig dat sowat 30 Namibiërs en ten minste 22 Zimbabwiërs in Botswana deur hul teenstropingseenheid doodgeskiet is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie