Strijdom van der Merwe se betowerende landskappe

Jacqueline Louw
Internasionaal bekroonde landkuns­tenaar Strijdom van der Merwe was pas in die land om die grondleggingswerk vir ’n opwindende nuwe projek in die suide van Namibië te doen.
Hierdie merkwaardige kunstenaar en skrywer het ’n rits internasionale toekennings agter sy naam en het wêreldwyd uitstallings en opdragbeeldhouwerke op uitnodiging gedoen. Hy het kuns aan die Universiteit van Stellenbosch, die Hogeschool voor de Kunsten in Utrecht, The Academy of Art and Architecture in Praag en die Kent Institute of Art and Design in Canterbury studeer. Kollig het met hom gesels voor sy ­terugkeer na Suid-Afrika.

Was dit jou eerste besoek aan Namibië?
Ek het Namibië in 1997/1998 besoek.
Ek was soos ’n regte toeris en het van Lüderitz na Kolmanskop gereis en daarna na Sossusvlei en Solitaire (die naam het my geïnteresseer) en toe weer na Keetmanshoop en terug Suid-Afrika toe. Wat ek wel onthou, is dat ek ná daardie trippie gesê het ek wil weer kom, want dit was so fantasties. Elke keer wat ek oorsee gaan vir ’n projek dan dink ek by myself hoekom ek nie eerder binne die grense van my eie land of net daaroor reis nie, want dit is so mooi. Dan kom daar weer ’n moontlikheid dat ek op ’n ander plek kan gaan werk en as jy jou oë uitvee het 15 of 20 jaar verbygegaan. Die­ ­geleentheid is nou weer hier.

Hoe ervaar jy as kunstenaar die Namibiese landskap?
Dit is fantasties.
Kom ek vertel ’n bietjie meer van die geskiedenis van die kunsvorm wat ek beoefen. Kunstenaars het gevoel dat dit ’n probleem is om kunswerke in ’n galery uit te stal. Dit kan net só groot wees en in ’n raampie pas en die ruimte kan net so groot wees. Jy het nie eintlik kunstenaarsvryheid nie. Daarom het hulle buite die kuns­galery gegaan sodat hulle kan werk so groot soos wat hulle wil.
Met die projek op die plaas Namtib is ek ’n bietjie benoud, want die ruimte is so oneindig groot. Dit help nie ’n mens doen iets wat nie inpas by die skaal van die landskap nie. Die kunsvorm gaan daaroor dat die kuns bestaan as gevolg van die landskap. Jy moet dit in verhouding met die land­skap sien. Die landskap is 95% van die kunswerk. Ek skuif miskien ’n klip net so uit posisie uit en dan sê almal, “O ek het dit nie verwag nie” en dan kyk hulle met ander oë daarna.
Daarom is die Namibiese land­skappe absoluut ideaal. As jy ’n doek vol kleure het dan kan jy maar nog ’n kleurtjie bysit, want dit sal nie juis saakmaak nie. As jy ’n spierwit doek het en jy kan net een merkie maak, dan is dit moeilik - waar gaan jy dit plaas, hoe lank en hoe groot moet dit wees? En so is dit met sulke land­skappe – as jy ’n merkie maak, sien ’n mens dit dadelik raak. Jy moet twee keer dink voordat jy sommer iets doen. Dit is baie moeiliker om met so ’n landskap te werk as byvoorbeeld met ’n landskap waar daar honderde goed is. Jy moet baie goed en versigtig en subtiel werk.
Ek verkies dit egter bo ’n Knysna of ’n bos. Ek hou van minimalisme, ek hou van die skoon oop lyne.

Kom die materiaal vir jou werke alles uit die landskap?
Nie altyd nie.
Die antwoord het baie kinkels. Ek dink eerstens om getrou te wees aan die landskap moet jy die materiaal gebruik wat jy in die landskap vind. Jy kan buitemateriaal inbring soos rooi vlae of pale. Die rede hoekom jy dit inbring moet nog steeds die land­skap beklemtoon; dit moenie gaan oor die vlae of pale nie.
Ons kry nou in ons kunsbeweging hierdie ouens wat erg suiwer is - jy mag niks inbring nie. En dan kry jy kry ander ouens wat vreeslik aan die ekologiese kant is wat byvoorbeeld vullishope tot mooi nuwe kunswerke vervorm. Ek sal al daardie goed doen solank ek die mense kan kry om met nuwe oë na die landskap te kyk. As ek buitemateriaal in ’n landskap bring, dan is dit vir die oomblik om ’n foto te neem of vir ’n kunstefees. Dit staan vir ’n week of twee daar en dan vat jy dit weg.
Dit gaan vir ons oor die Japannese wêreldbeskouing van “wabi sabi” wat vertaal kan word as “selfopgelegde armoede”. Hoe meer aardse goed jy bymekaarmaak, hoe groter word die las wat jy dra. Hoe meer wonderlike goed jy in jou kop bymekaarmaak en hoe meer ondervindings jy het, hoe ryker is jy as mens.
Dit is nie vir ons ’n probleem om tien ysterpale vir ’n week op te stel en dit weer weg te neem nie. Dit gaan oor wat ons daarmee wil sê. Ons het ’n saadjie geplant sodat mense anders na die landskap kyk. Dit is ’n proses om mense anders te laat dink. As jy so baie in die landskap werk, dan besef jy dit is deel van die siklusse van die natuur.
’n Kunswerk gaan altyd anders lyk op verskillende tye van die dag. By die see sal dit met hooggety verdwyn. Niks is permanent nie. Geniet die oomblik. Selfs met verhoudings. Mens baklei en stry om iets vir altyd te hê en so begin probleme.

Hoe het jou belangstelling in landkuns begin?
Ek het op ’n plaas grootgeword en plaaskinders bestee baie tyd in die natuur.
As ’n jong kind het ek baie verveeld in die veld gesit. Dan begin jy die klippies omdraai en die gras vleg en so aan. Jy begin dan met ’n ander oog na die natuur kyk as om maar net deur die veld te stap en te dink “O die gras is mooi”.
As jy vir twee ure in die gras sit, dan begin jy wonder hoekom is die gras ligter hier en donker daar is en sulke goeters.
Op universiteit begin jy konsepte soos perspektief, kleurgebruik en balans leer en dan besef jy al daardie goed is in die natuur. Jy kry klippe in verskillende kleure, vorms en teksture. Jy begin om goeters op te lyn: Daardie boom is hier en as dit herfs is dan verander die kleure. En dan begin jy dink “maar hoekom gebruik ek dit nie as materiaal nie”.
Dit is maar presies dieselfde, jy druk nie olieverf uit ’n buisie en verf rooi nie, maar jy kan hierdie rooi goeters van peperbome optel en daarmee rooi teken. ’n Mens moet lief vir die natuur en geïnteresseerd daarin wees. Ek stel glad nie belang in tuinmaak nie en ek ken nie plante se Latynse name nie. Ek stel belang in die natuur en ek sien die mooiheid daarvan.

Wat inspireer jou?
Eerstens is dit is maar die natuur.
Ek sê altyd ek kan nie ’n kunswerk uitdink as ek nie eers die plek gesien het nie. Dit is hoekom ek nou hier in Namibië is. Die kunswerke is “site specific”. Die werk bestaan as gevolg van die terrein. So, as ek nou ­byvoorbeeld ’n sirkel op die plaas gaan maak en jy maak ’n sirkel op ’n ander plek, dan is dit twee verskillende sirkels, want hierdie sirkel bestaan as gevolg van die berge en vlaktes. Maar as ek daardie sirkel op ’n ander plek maak, dan sien jy miskien die sirkel as gevolg van sambreeltjies en palmbome en dit het ’n ander konteks. Ek kan dit ook só verduidelik: Rodin het gesê hy dink sy beelde lyk die mooiste in parke.
Sy beelde is in ’n studio gekonseptualiseer en gemaak. Jy kan die beeld op ’n ander plek sit en dit sal nog steeds dieselfde lyk, want dit is mens­like figure en dit beteken dieselfde. Maar as jy iets maak as gevolg van die terrein . . . as jy hierdie sirkel daar sit, dan is dit ’n ander sirkel. Die natuur bepaal dan die werk.
My inspirasie kom van baie dinge, dit is nie net die natuur nie. As ek op die plaas stap, dan dink ek aan lyne en as jy musiek hoor, dan kry jy idees en ek kyk soms die modeparades op TV – nie omdat ek na die meisies kyk nie – ek is geïnteresseerd in die agtergrond waaruit hulle kom en hoe kunstenaars dit doen. Dit help jou omdat jy dit van ver af sien en met landkuns kyk jy ook na goed van ver af. As dit nie vir die natuur was nie, was daar niks nie.

Jy het nou na die terrein gaan kyk. Sien jy al die prentjie in jou geestesoog of sal die kunswerk ontwikkel in die proses?
Ek voel dat die eienaars van die plaas ook gelukkig moet wees, want ek verdwyn na ’n ruk en hulle bly met die werk agter.
So, dit was my eerste vraag aan hulle: “Wat wil julle graag hê?” Die werk moet vir hulle iets beteken en hulle moet entoesiasties daaroor wees.
Ons het toe begin praat oor water. Wat ek op die oomblik in gedagte het, is om foto’s van die kristalle van die water wat van daardie plaas af kom op ’n manier in die kunswerk te gebruik. Die eienaar van die plaas het gesê dat hulle sekere tye van die jaar verskriklike wind op die plaas het en ek het gedink om ’n tipe wind­orrel met pype met gleufies daarin te maak. Daar is die tipiese Namibiese landskap met die graspolletjies en een gedagte wat ons nou ondersoek, is om daardie plantjies een of ander plant voeding te gee en na weke sal dit miskien groen word. Diere sal dit dan opeet en dit sal weer verdwyn. Daar is ook verskriklike mooi klippe op die plaas, so die gedagte is om met die bekendstelling van die werk projeksies van water op hierdie klippe, wat so groot soos dubbelverdiepinghuise is, te gooi. Die tema waaraan ons dink is "Conversations about Conservation: Landart at Namtib". Ek sien dit as ’n samewerkingsproses.

Met hierdie projek word beoog om ’n gesprek oor bewarings­kwessies in die land aan te wakker. Vertel ons meer daarvan.
Ek dink as jy so in die natuur werk, raak jy dadelik bewus van bewaring en hoe siklusse verander.
Ek voel dat as jy regtig opreg glo in wat jy doen, dan wil jy kuns gebruik om mense te laat verander. As ons kuns kan gebruik om mense bewus te maak van bewaringskwessies sal dit wonderlik wees. ’n Visuele boodskap sterker as byvoorbeeld ’n ­koerantberig.
In 2007 het ek voorgestel dat ’n blou lyn deur Durban op die strate geverf word om te wys waar die water sou wees as die oseaanvlakke met een meter styg. Die munisipaliteit wou dit egter nie toelaat nie, want hulle was bang dat markpryse sal val. Hulle was bang vir die visuele beeld. Dit is dan my hoop dat as ek iets slim en suksesvol kan uitdink dit mense dadelik bewus kan maak van hoe belangrik water is en om versigtig en spaar­samig daarmee om te gaan. Of ons dit gaan regkry weet ek nie.
In 2008 het ek 93 bome met rooi in Dorpstraat in Stellenbosch toegedraai. Dit het so ’n groot effek gehad, mense het toe allerhande goeters begin toedraai. Ek het daarna ondersoek ingestel oor kopiereg en intellek­tuele-eiendomsreg, maar iemand het toe vir my gesê ek moet dit as ’n kompliment sien. Wat swaar is as mense jou naboots en hulle draai dit so lelik toe.

Is beeldhouwerk jou groot passie?
Ek dink entoesiasties oor enigiets wat meer sintuie betrek.
Miskien is ek heeltemal verkeerd. As jy byvoorbeeld na die Mona Lisa kyk dan kry jy miskien hoendervleis, want dit is so mooi, maar dit is dit.
Met landkuns, as jy die dag daarna gaan kyk en dit is verskriklik warm, dan onthou jy dit as ’n ontsettende warm ervaring as jy die dag gaan kyk en dit is verskriklik koud, dan onthou jy dit só. Daar is miskien ’n reuk wat verbygekom het of ’n windjie wat waai en jy kan nog om dit stap. Dit is net asof jy meer deel kan word van die werk self en daar is vir my iets wonderlik aan. In ’n kunsgalery span hulle nog ’n toutjie voor die werke om jou op ’n afstand gehou.

Is daar van jou werke wat vir jou bo ander uitstaan?
Ek het ’n klomp antwoorde.
Om die Amerikaanse abstrakte kuns­tenaar Robert Motherwell aan te haal: “Die een wat ek volgende gaan doen.” Dit is hoekom jy ’n kunstenaar is en kreatief is. Terwyl jy met iets besig is, ontwikkel daar al klaar ’n volgende idee. As jy ’n opregte kunstenaar is, sal jy nooit ophou tot jy die dag dood is nie, want daar is heeltyd nuwe goeters wat jy wil ontdek en ontgin.
Indien jy sou geweet het jy het reeds jou beste werk gemaak, dan sou jy al lankal opgehou het!
Daar is egter projekte wat meer uitstaan. Ek verdeel dit tussen twee groepe: Die “crowd pleasers” en werke wat vir jouself ’n persoonlike betekenis het.
In die eerste groep was die bome wat ek in Stellenbosch in rooi toegedraai het ’n hoogtepunt. Dan is daar die werke wat vir jouself miskien meer beteken. Jy gaan miskien in ’n stadium deur ’n sukkelende kreatiewe proses en dan gebeur daardie werke wat vir jou ’n hele nuwe rigting oopmaak.
In die Tsjeggiese Republiek het ek so in die landskap gestap en daar was so ’n lelike ou boompie. Ek het gras opgetel en dit in ’n sirkel om die boom gesit. Dit was so koud, dit was die dae van film, en die film het gevries en ek moes ’n ander een in die kamera sit. So, daardie werk sal my vir altyd bybly om sentimentele redes. As al my werke verdwyn, sal ek hoop dat hy nie in die vuur in die slag gebly het nie.
Verder was my werk by die Smith­sonian-instituut in Washington vir my ’n groot eer. Dit was die eerste keer dat hulle ’n kunstenaar toegelaat het om die tuine te verander vir ’n kunswerk. Die werk was vir ’n jaar lank daar en daarna het hulle alles weer platgemaak en die tuin terugverander na die oorspronklike. Dit was nogal wonderlik om die respek vir jou as kunstenaar daar te ondervind. In Europa het hulle dieselfde respek. Hulle bevraagteken jou nie.

Hoe het jou oorsese studies jou werk gevorm?
Ek het in die Praag in die ­Tsjeggiese Republiek kennis gemaak met die konsep van “soft sculpture”.
Beeldhouwerk hoef nie noodwendig brons of graniet te wees nie. Onder die Russiese bewind in die ­Tsjeggiese ­Republiek het hulle optogte gehad met tenks en Russiese soldate. Poppe is deur ’n beroemde Tsjeggiese­ kunstenaar gemaak en aan die brand gesteek tydens hierdie militêre parades as ’n reaksie teen die Russiese regime. Dit gaan dus nie oor materiaal nie, maar oor die konteks en die bood­skap wat jy met ’n kunswerk oordra. Wat jy in mense se koppe agterlaat, is miskien belangriker as ’n gegote beeld. Hoekom nie papier-maché as die boodskap so sterk is nie? ’n Kunswerk hoef nie vir altyd te bestaan nie, dit kan vir ’n minuut bestaan. Dit is belangrik om filosofie te studeer en dinge te bevraagteken en nie net alles te aanvaar nie.

Wat gaan die John Muafangejo-kunssentrum se betrokkenheid by die Namtib-projek wees?
Ons gaan probeer om ’n opvoedkundige aspek aan die projek te koppel.
Ons het gedink dat ons kunsstudente kan kry om te help om die kunswerke te kom maak of ons kan ’n slypskool op die plaas of in Windhoek aanbied. ’n Uitstalling in ’n galery oor die projek is ’n verdere moontlikheid. Ek wil nie as ’n vreemde Suid-Afrikaner hier inkom en ’n ding doen sonder om Namibiërs te betrek nie - hulle moet voel dat hulle deel is van die projek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%