Stres: Nee, dankie!
Ek weet stres is nou al 'n holrug geryde onderwerp, maar die hemel weet, ek moes eenvoudig hieroor skryf.
Laat ek maar nou eerlik wees, ek het vir die afgelope drie maande baie min slaap gekry. Ja, dit is die werk wat my slapelose nagte gee, maar ek dink dit het meer te doen met die druk wat ek op myself plaas. Ek wil voor die sperdatum klaar wees, ek wil met die beste moontlike stuk vorendag kom en ek wil die mooiste outfit aantrek elke dag.
Kom ons stel dit só: Ek is 'n bietjie van 'n oorpresteerder. Dit is waar ek myself gaan uitbrand. Met die duisende tonne druk wat ek op myself plaas, het ek skaars tyd om asem te haal.
Ek het verlede week só hard gewerk en die stres het net opgebou, tot ek die aand by die huis gekom het en op my suster se WhatsApp-status gesien het dit is twee jaar sedert my pa se dood.
Ja, ek was heeltemal verpletter en het myself aan die slaap gehuil.
Hoe kon ek so 'n belangrike dag vergeet?
Die waarheid is dat hierdie tipe ding daagliks gebeur. Niemand het meer tyd om aan hul geliefdes te dink nie, wat nog te sê met hulle te praat nie.
Die wêreld is gejaagd en ons probeer om teen dieselfde spoed te beweeg, terwyl stukkies van ons lewens langs die pad verlore gaan.
Ek het so lank laas met my ma 'n behoorlike skinnersessie gehad, want as ek by die huis kom, is ek te moeg of ek werk aan iets, of ek kom glad nie huis toe nie. Dis 'n moeilike situasie, maar ek het besef ek sal moet leer om werk en my lewe buite werk te balanseer.
Tyd vlieg verby en jou geliefdes sal nie vir ewig hier wees nie. My raad is: Gryp die oomblikke aan wanneer jy dit ook al kry.
Keer sommer vir antie Sarie by die poskantoor voor en gee haar 'n lift huis toe, of help vir oom Sarel om sy plante nat te lei. Die klein en onbenullige oomblikke maak gewoonlik die beste herineringe.
Dit klink dalk of ek my werk vreeslik bekla, maar met al die ongemaklike werksure en stres was ek nog nooit gelukkiger nie – daardie gevoel dat jy iets beteken, dat jou bydrae tel, is die beste in die wêreld.
Al wil ek dikwels net by die huis bly, is ek ongelukkig nie een van daardie mense wat enige verskoning kan uitdink net om by die huis te kan lê vir die dag nie.
Om die waarheid te sê, ek is te veel van 'n bangbroek.
Ek voel net mense sal uitvind dat ek nie eerlik was nie.
So, ek laat staan my luiheid, daag vir werk op en doen weer eens wat ek myself voorgeneem het om nie te doen nie: stres.
Dis 'n eindelose wentelbaan en ons is vasgevang daarin.
Gevangenes in ons eie sielkundige lokval en die ergste is: Dit maak 'n mens oud en siek voor jou tyd.
Ek weet nie of ons kan ontsnap en net 'n bietjie kan chillax nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie