Streng ingryping om derde golf te stuit
President Hage Geingob het gisteraand verskeie ingrypende maatreëls aangekondig in 'n poging om die derde golf van Covid-gevalle te probeer hokslaan wat dreig om die land te oorweldig.
Die regulasies tree om middernag in werking tree, duur tot 30 Junie en sluit in:
• Toegang tot en uitgang uit Windhoek, Rehoboth en Okahandja word beperk.
• Openbare samekomste word beperk tot 10 persone en mag nie langer as twee ure duur nie.
• Die aandklokreël bly van krag van 22:00 tot 04:00.
• Aangesig-tot-aangesig-onderrig vir primêre, sekondêre skole en hoër onderriginstellings en ingesluit tegniese onderrig word in geraakte gebiede tot 30 Junie opgeskort.
• Verkoop en koop van alkohol by sjebeens en kroeë beperk van Maandag tot Saterdag van 09:00 tot 18:00 op slegs 'n wegneembasis. Die gebruik en verkoop van alkohol op perseel word verbied, buiten by restaurante, gastehuise, hotelle en soortgelyke instellings.
• Dobbelhuise en nagklubs bly toe. Kapana-handelaars mag slegs vir private verbruik en wegneem oop wees.
• Alle kontaksport bly verbode en toeskouers mag geen sportgeleenthede bywoon nie.
• Passasiers in openbare vervoer beperk tot die helfte van die kapasiteit van die voertuig.
• Begrafnisse se huidige protokol geld.
Die publiek word aangemoedig om iemand wat weens Covid-19 gesterf het binne sewe dae te begrawe. Maaltye by begrafnisse mag slegs wegneemetes wees.
Gister is nog 1 206 nuwe gevalle aangekondig, tesame met 32 sterftes, waarvaan geeneen ingeënt was nie.
Die land se aktiewe gevalle staan op 10 432.
Windhoek het 359 nuwe gevalle, met Otjiwarongo (84), Oshakati (72) en Aranos (70) volgende op die lys.
Ander tellings van meer as 25 is soos volg: Swakopmund 60, Rehoboth 47, Keetmanshoop 46, Rundu 44, Walvisbaai 37; Lüderitz 36, Usakos 34, Gobabis 33, Outapi 30, Eenhana 27, Karasburg 26.
Geingob het gisteraand gesê die genadelose tragedie wat tans in die land ontvou, staar elke huisgesin in die gesig.
Hy het gesê Namibië kon vir 14 maande nadat die eerste gevalle plaaslik aangemeld is die pandemie goed die hoof bied. Die afgelope vier weke het die situasie egter volgens die staatshoof drasties verander.
Geingob het die nie-nakoming van regulasies as selfsugtig en roekeloos beskryf. Sulke gedrag kan volgens die staatshoof eenvoudig nie langer geduld word nie.
Video’s van jong mense wat partytjie hou, is volgens Geingob 'n bewys van voortgesette wangedrag en is uiters teleurstellend.
Die staatshoof het opnuut die belang van saamstaan en samewerking beklemtoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie