Streke kom vir Sentraal se kampioenskap
Streke kom vir Sentraal se kampioenskap

Streke kom vir Sentraal se kampioenskap

Jukskei
Andrew Poolman
Dit gaan 'n besige naweek by Juk­skeipark in Olympia, Windhoek wees.

Vandag vind proewe plaas vir die kies van die nasionale spanne om aan die Suid-Afrikaanse senior toernooi deel te neem. Hierdie spelers vertrek op 29 Maart na Kroonstad vir die toernooi wat op 7 April ten einde loop.

Spelers moet vandag vanaf 14:00 registreer voordat die opening om 14:30 geskeduleer is. Die proewe begin om 15:00.

• Môre wag 'n ewe vol dag op Juk­skeipark met die Sentraal streekkampioenskap wat beslis word. In al vier afdelings sal 'n strawwe kompetisie tussen die spelers en streke wees om by die prysuitdeling die kampioenspanne te bekroon.

Die opening is reeds seweuur die oggend en die laaste wedstryde behoort teen 18:00 klaar te maak.

Noorde, Weste en Suide stuur spanne na Windhoek en goeie jukskei word tussen die 120 spelers verwag.

• Nog 'n belangrike datum is die 2017 SA kampioenskap in die B- en C-afdelings op Kroonstad. Die toernooi duur vanaf 20 tot 24 Februarie 2017. Namibië stuur twee spanne en die spelers vorder heel goed met hul laaste voorbereidings.

Die Namibiese spanne is:

B-afdeling: Charles Fortuin (leier), Lucas Shikidule, Abraham Kalomo, Phillipus Hangome.

C-afdeling: Andries Kulhmann (leier), Immanuel Junias, Junias Ndjiluwa, Collins Mweupange.

Hulle word vergesel deur spanbestuurder Simon Angula en hoofspanbestuurder Erik Strauss.

Namibië Jukskei nooi graag die publiek om na die wedstryde te kom kyk. Vir enige belangstelling in jukskei kan die webblad www.jukskei-nam.com besoek word, of Erik Strauss kan by 081 122 2743 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2025-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer