Strate word riviere op Otjiwarongo
Ronelle Rademeyer - Otjiwarongo en plase in die omgewing is op Paasmaandag met ’n harde bui reën geseën.
Volgens die weerkantoor se amptelike reënvalsyfer is 47,6 mm gemeet. Van die inwoners het egter op die Facebook-blad Reën in Namibia berig van neerslae van tot 55 mm.
Volgens Wilhelm Swart het die strate “letterlik in riviere” verander.
Dit het ook op die dorp sowel as op plase in die omgewing gehael.
Verder het 17 mm reën Maandag op Maltahöhe uitgesak. Dié omgewing is van die dele in die suidweste van die land waar dit nog baie min die seisoen gereën het.
Op Khorixas is 12 mm gemeet, op Gobabis 7,2 mm, 5,8 mm het op Omuthiya uitgesak en 2,8 en 2,7 mm op Outapi en Eenhana onderskeidelik.
Volgens die weerkantoor word reën vandag oor die sentrale, suidelike en westelike dele verwag. Dit sal môre ook na die sentraal-noordelike en oostelike dele van die land uitbrei.
Intussen wys Namwater se damverslag wat gisteroggend uitgereik is, die Swakoppoortdam is 51,2% vol, die Von Bachdam 59% en die Omatakodam 57,3%. Dit beteken die drie opgaardamme wat water aan sentraal-Namibië verskaf, is nou gesamentlik tot 55,3% van hul kapasiteit gevul.
Hierdie damme het die afgelope week danksy goeie invloei 9,930 miljoen kubieke meter (Mm3) water bygekry.
Verlede jaar dié tyd was hierdie drie damme gesamentlik maar net 12,9% vol.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie