Strate word riviere in Maryland

Geboue het meegegee, voertuie is meegesleur en strate is omgeskep in sterk riviere weens erge kitsvloede in die Amerikaanse deelstaat Maryland.

Die Daily Mail berig dat bruin vloedwater van tot ses voet diep in die hoofstraat in Ellicott City, sowat 20 km van Baltimore, gestroom het.

Die goewerneur van Maryland, Larry Hogan, het ’n noodtoestand verklaar.

Dramatiese foto’s en beeldmateriaal het Sondag gewys hoe geboue en motors in Maryland meegesleur is.

Die weerdiens het laat in die middag waarskuwings vir die stad uitgereik en die noodtoestand is kort daarna verklaar.

“Dit is ’n katastrofiese, lewensbedreigende en uiters gevaarlike situasie,” het die weerwaarskuwing gelui.

Volgens CNN is daar nog nie beserings of sterftes aangemeld nie. Allan Kittleman, woordvoerder van Howard County, het op ’n nuuskonferensie Sondagaand gesê die verwoesting kom skaars twee jaar nadat die laaste vloedwaters die stad getref het. Toe het twee mense gesterf.

CBS News berig dat brandweer-reddingspanne van huis tot huis gegaan het om seker te maak dat mense nie in laagliggende geboue vasgekeer is nie.

Sommige inwoners van Ellicott City het gesê die vloedwaters is erger as die vloede in 2016. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A