Strandrugby kan groot rugby help vlamvat
Raakrugby
Des Erasmus
Strandrugby kan 'n voedingsbron vir sewes word en sewes kan weer die vyftienmanspanne dien. Dit was 'n blywende indruk wat Maandag se strandrugbytoernooi in die Hentiesbaaise Vallei gelaat het.
Glipaangeë na binne het gewemel met die binnebreekslae wat daarop gevolg het. Op die gebied van hantering het dit gelyk of spelers selfs hul lewens sal gee om swak balle raak te vat.
Vlugvoetigheid? Dit is aangewakker deur brandende sandplasse op die oopte by die see waar die son nie gespeel het nie.
Op die gebied van talent kon die ander ordes ook maar loervink kom speel.
Uitstaande was die skrumskakel-buksie Damian Stevens. Die Walvisbaaiertjie met 'n proesel Curriebeker-rugby vir die Westelike Provinsie en die Sharks wat ook 'n verteenwoordiger van Namibië in die 2015 Wêreldbekertoernooi was, is as speler van die dag aangewys.
Selfs spelers van Suid-Afrika was op parade, maar dan wel as lede van gekombineerde plaaslike spanne.
Toeskouersgewys het mense in hul duisendtalle opgedaag en geklou aan sitplekke wat onder skadutente rondom die speelveld was.
Die wenspan en gevolglik ook bekerwenners van die toernooi was The Engineers. Onder die juniors is die eerste plek deur die Alcabolics ingeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie