Strande word rommelhope
Otis Finck op Walvisbaai - Duisende partytjiegangers het Nuwejaarspartytjie op die strande tussen Walvisbaai en Swakopmund gehou en berge rommel agtergelaat.
Die sogenaamde Independence Beach aan die buitewyke van Kuisebmond waar honderde mense byeengekom het om Nuwejaarsdag te verwelkom, was een van die gebiede wat die ergste geraak is.
Dit het gelyk of 'n tsoenami die gebied getref het nadat die Nuwejaarsvieringe afgeneem en die partytjiegangers vertrek het. Drankbottels, plastiek en ander rommel is gestrooi so ver soos die oog kon sien.
Vandale het ook 'n tafel en 'n lamppaal by die piekniekarea vernietig terwyl ander brandende vure agtergelaat het.
Mnr. Ericson Kangula, 'n werknemer van 'n plaaslike maatskappy wat die munisipaliteit gekontrakteer het, het gisteroggend gesê hy en twee ander vroulike kollegas is aangestel om deur die loop van Nuwejaarsdag die gebied en toilette skoon te maak.
“Vakansiegangers ignoreer eenvoudig versoeke om na die omgewing om te sien. Hulle gebruik nie die asdromme of vuilgoedsakke nie en los net hul vullis agter," het hy gesê.
"Dit is nou 'n bietjie stil, maar mense gaan binnekort weer na die strand stroom.”
Die munisipaliteit het vroeër vakansiegangers daaraan herinner dat kampeer op die strande verbode is. Vure en vleisbraai word ook nie toegelaat nie tensy geskikte en verwyderbare houers gebruik word. Die munisipaliteit het ook vakansiegangers versoek om as of kole te verwyder.
Rommelstrooiers kan 'n boete van N$1 000 of drie maande tronkstraf opgelê word. Teen druktyd kon nie bevestig word of die munisipaliteit enige oortreders in die verband tydens die feeseisoen boetes opgelê het nie.
Adj.komm. Erastus Iikuyu van die Erongo-polisie het wel bevestig dat geen ernstige misdaadgevalle in die streek aangemeld is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie