Stortingsterrein sál gerehabiliteer word
Tanja Bause - Inwoners van Finkenstein Manor and Village het kommer uitgespreek oor bourommel wat op die perseel gestoor word en sement wat glo in ’n rivier afloop, terwyl die rivier versper word.
Volgens me. Liza Burmeister, ’n trustee van die Finkenstein Portion Three Trust, is dit egter ‘n stortingsterrein vir bourommel en grond wat vir die ontwikkeling uitgegrawe is.
“Die stortingsterrein is soortgelyk aan verskeie ander in die Windhoek-omtrek. Dit sluit die stortingsterreine oos van Ludwigsdorf en Olympia in. Ná die ontwikkeling voltooi is, sal die hele geraakte gebied met grond bedek en met natuurlike flora gerehabiliteer word - soortgelyk aan wat in ander gebiede van die stad gedoen word,” het Burmeister gesê.
Volgens haar het werkers sement onwettig by die gebied gestort en is dit onder die aandag van die kontrakteur en die ontwikkelaar gebring. Die sement is intussen verwyder en die gebied is skoongemaak.
“Die vloei van die rivier self is nie versper nie. ’n Klein sytak is afgesper en is nou ’n dam wat as waterpunt vir diere dien,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie