Stormwind rig skade aan in Windhoek
'n Sterk suidoostewind het Vrydag skade in die hoofstad aangerig.
Yochanaan Coetzee - Windhoek het Vrydagoggend sy naam gestand gedoen toe 'n stormsterk wind in die voormiddag groot skade in dele van die hoofstad aangerig het.
Bome is ontwortel, krag- en telefoonpale is soos vuurhoutjies geknak, en dakplate is afgeruk.
Die koel wind het uit 'n suidoostelike rigting gewaai waar 'n sterk frontale stelsel vir goeie neerslae in die gebiede oos, noord en noordwes van Windhoek gesorg het. Dit sluit in Gobabis, Witvlei, Okahandja, Otjiwarongo en noordwes na Kamanjab en Khorixas.
Namibiërs het van vroeg Vrydag af op die Facebook-blad van Reën in Namibia foto's en video's van die wind, reën en stormskade geplaas.
Goeie neerslae het ook verlede week in Kavango voorgekom, met berigte van baie reën wat by Rundu en Mashare geval het.
By die Otjari-woonstelblok in Windhoek se Eros-woonbuurt het die wind dakplate losgeruk en verfrommel, en dienste is onderbreek toe krag- en telefoonpale omgewaai het. Die eienaar van die woonstelblok, die bekende argitek mnr. Leon Barnard, het aan Republikein gesê hy is verlig dat niemand beseer is toe 'n groot deel van die woonstelgebou se dak afgewaai het nie.
Mnr. Jens Schneider het 'n foto op Facebook geplaas wat wys hoe 'n boom in sy erf omgewaai en op sy viertrekvoertuig beland het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie