Stormsterk winde
Jermanneke Havemann skryf:
Ons het op Woensdag 15 November teruggekom van Grootfontein en soos mense weet, was dit stormsterkwind wat ons gehad het. Ons moes omtrent stadig ry vanaf Usakos.
Die sig was nie goed nie en moes ons op plekke omtrent stadig ry omdat ons skaars die pad kon sien.
Ek wil net die volgende twee foto's stuur. Ons is so dankbaar elke keer as ons veilig die stuk tussen Usakos en Swakopmund gery het. Met die slegte sig kry ons toe die drie vragmoters wat baie naby mekaar gery het en dit moeilik gemaak het om verby te steek, veral met die sand- en stofstorm.
Hoekom moet hulle in die slegte weersomstandighede so naby mekaar ry en dit moeilik maak vir ander bestuurders om verby te steek? Word hulle nie geleer hoe om te ry nie? Dit het ons behoorlik warm onder ons krae gemaak om dit te sien.
Dis 'n vreemde nommerplaat.
Dis hoe ongelukke gebeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie