Stormers ‘ware toets vir Leeus se groei’
Rugby
Christo Buchner
“Ons wil teen die Stormers wys hoe het ons gegroei en onsself behoorlik uitdruk op die speelveld.”
Dit is hoe die Leeus-rugbyspan se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, Saterdag se kragmeting op Loftus Versfeld met die Kapenaars verwoord.
Volgens Van Rooyen gaan dit ook belangrik wees om dié week, in die aanloop tot die eerste wedstryde in Suid-Afrika sedert Covid-19 in Maart sy tentakels ingeslaan het, vertroud te raak met die “nuwe normaal” van ’n wedstryd-week.
“Ons moet vertroud wees met die protokolle wat nou voor wedstryde gevolg moet word en goed verstaan wat ons kan doen en nie kan doen nie.
“Dit is egter ’n groot voorreg om net weer aan die gang te kan kom en wedstryde te kan speel. Daar heers groot opgewondenheid en ’n afwagting wat tasbaar is,” sê hy.
Wat die stryd teen die Stormers betref, reken Van Rooyen dit gaan ’n groot toets vir sy span wees.
“Dit gaan ’n barometer wees van waar ons is. Die Stormers is ’n span wat goeie vaste fasette het en veral voorlangs baie sterk is. Fisiek sal dit vir ons wys waar ons is wat ons agttal betref.
“Hulle (Stormers) beskik ook takties oor ’n uitstekende skopplan en ons sal veral met ons eie taktiese skopwerk bedag moet wees daarop dat hulle baie goed op die teenaanval is. Nou met Warrick Gelant (heelagter) daar sal dit nog meer van ’n uitdaging wees,” sê hy.
“As jy nie doeltreffend teen hulle skop nie, kan hulle baie gevaarlik wees met hul teenaanvalle.
“In die Superwedstryd vroeër vanjaar (op Ellispark) het hulle ons in die 83ste of 84ste minuut geklop en ons besef jy kan nie vir ’n oomblik teen hulle laat slaplê nie,” sê Van Rooyen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie