Stormers stof hul Bok-kanonne af
Superrugby
Stephen Nell - John Dobson, die Stormers se afrigter, sê hy gaan sy grofgeskut in die veld stoot vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Hurricanes op Nuweland.
“Ons gaan die sterkste moontlike span kies. Al ons Springbokke is fiks en ons het 'n Britse en Ierse Leeu (die Walliese senter Jamie Roberts) tot ons beskikking,” het Dobson eergister by die Westelike Provinsie se Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gesê.
“Daar is drie dinge in ons guns: die feit dat dit die laaste jaar op Nuweland gaan wees wat baie vir die spelers beteken, die loting met baie tuiswedstryde vroeg in die toernooi en die invloed van die Springbokke.”
Sewe van die voorspelers in die Stormers se verwagte 23-tal het al die Groen en Goud gedra. Dit sluit in die Wêreldbeker-wenners Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi, Frans Malherbe, Pieter-Steph du Toit en Siya Kolisi.
Nóg twee Bokke – Wilco Louw en Scarra Ntubeni – sal na verwagting onderskeidelik die vaskopstut en haker op die plaasvervangersbank wees.
Dobson se enigste bron tot kommer is op slot, waar Cobus Wiese en JD Schickerling albei op die krukkelys is. Salmaan Moerat sal as nr. 4-slot begin, terwyl Dobson vandag die sluier sal lig oor watter een van Chris van Zyl en David Meihuizen die nr. 5-trui sal dra.
Van Zyl is meer ervare, maar Meihuizen toon baie belofte.
“David het baie goed gevaar in ons Superheld-wedstryd teen die Haaie. Skotland probeer desperaat om hom te teken. Jy kry nie te veel ouens wat 2,06 meter lank is en só 'n hoë werkverrigting het nie,” sê Dobson.
Van die Hurricanes verwag hy 'n groot aanslag deur sterk baldraers soos Ben Lam en Ngani Laumape en by die afbreekpunte.
“Hulle gaan hard by die afbreekpunte inklim. In daardie aspek was hulle verlede jaar die beste span in die toernooi,” sê Dobson.
“Ons wil hulle voor teiken. Met die X-faktor in ons agterlyn, is ons is nie bang vir 'n oop wedstryd nie, maar ons wil hulle by die skrums en met dryfmale vasvat.”
Jacques Nienaber, die nuwe Bok-afrigter, het soos verlede week weereens 'n draai gemaak om die Stormers te help.
“Hy het in sy jeans hier aangekom en teen die einde was hy besig om af te rig,” sê Dobson.
“Dis iets wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie baie goed gedoen het – om die nasionale afrigters beskikbaar te stel.
“Daar is 'n kollektiewe aanslag om momentum te bou vandat die Wêreldbeker verower is.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie