Stormers glo 'gretig, honger'
Rugby
Stephen Nell
Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, sal hul drie opwarmwedstryde as “proewe” gebruik om op 'n span te besluit vir sy eerste Superrugby-wedstryd vanjaar, teen die Bulle op Nuweland.
“Dis 'n jong groep en ons wil graag hê spelers moet onderling met mekaar meeding om die span te haal,” het Fleck Saterdag ná die Stormers se oefenkamp in Hermanus gesê.
Die Stormers se eerste opwarmstryd is op 28 Januarie – teen die Cheetahs in Harare.
'n Wedstryd teen die SWD-Arende volg op 4 Februarie teen die SWD-Arende – die Stormers se franchise-vennote – voordat die voorseisoense voorbereiding afgesluit word met 'n wedstryd teen die Leeus op 11 Februarie.
Met die dat die unie se geldsake benard lyk, is die klem op organiese groei. Staatmakers soos Schalk Burger (losvoorspeler), Vincent Koch (vaskopstut), Jean Kleyn (slot), Nic Groom (skrumskakel) en Kobus van Wyk (vleuel) het hul heil elders gaan soek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie