Stop oliesoektog, su00ea Anglikaanse biskoppe
Stop oliesoektog, su00ea Anglikaanse biskoppe

Stop oliesoektog, sê Anglikaanse biskoppe

Die Anglikaanse Kerk het sy stem gevoeg by dié van omgewingsaktiviste wat teen die oliesoektog in die Kavango gekant is.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Anglikaanse biskoppe van oraloor die wêreld het ’n petisie onderteken waarin hulle eis Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) moet dadelik sy oliesoektog in die Kavango-kom staak.

Biskoppe Raphael Hess en Margaret Vertue het die petisie vroeër die week in Kaapstad aan Namibië se konsul-generaal, me. Sarafina Tshilunga, oorhandig.

Dié veldtog teen ReconAfrica het begin toe biskop Luke Pato die Anglikaanse Kerk daarop gewys het dat verkenningsboorwerk suid van Rundu begin het, blyk dit uit ’n berig hieroor op die webblad van die Wêreldraad van Kerke.

“Die proses was nie deursigtig nie en toe Namibiërs hul oë uitvee, was dié mynbou-ooreenkoms onderteken en aan die gang. Daar is baie vrae wat beantwoord moet word,” het Pato gesê.

Altesaam 34 biskoppe en drie aartsbiskoppe van oraloor die wêreld het die petisie onderteken wat nie net aan die Namibiese regering oorhandig is nie, maar ook aan ReconAfrica se bestuur by dié Kanadese olie- en gasmaatskappy se hoofkantoor in Vancouver.

ReconAfrica het vroeër vanjaar met verkenningsboorwerk begin en wag ook vir ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) wat hom sal toelaat om sy verkenningswerk deur middel van tweedimensionele seismiese opnames langs 450 km se bestaande roetes in die Kavango uit te brei.

Dié maatskappy se petroleum-eksplorasielisensie (nr. 73) laat hom toe om verkenningsaktiwiteite in blok 1819 en 1820 in die noordoostelike deel van Namibië te onderneem, het me. Maggy Shino, petroleum-kommissaris in die ministerie van myne en energie, vroeër die week in ’n verklaring gesê.

“Die maatskappy is tans in die vroeë eksplorasiefases en sal drie stratigrafiese gate boor. Die resultate wat verkry word, sal die uitleg van die seismiese opnames bepaal, wat die volgende stap is,” het sy verduidelik.

Volgens haar sal ’n produksielisensie eers uitgereik word as die resultate van die toetsgate en seismiese opnames op ’n kommersieel lewensvatbare olievonds dui.

VELE NATUURBRONNE
’n Luide oproep deur omgewings- en ander drukgroepe vir stappe téén die oliesoektog klink sedert verlede jaar op verskeie platforms op – enersyds omdat fossielbrandstof-ontginning indruis teen klimaatsplanne en tweedens omdat dit ’n verwoestende impak op die ongerepte Okavango-delta kan hê. Laasgenoemde is een van die mees ikoniese natuurgebiede ter wêreld, en is in 2014 as Wêrelderfenisgebied gelys.

Die Anglikaanse Kerk sê as Wêrelderfenis- en Ramsar Vleilandgebied is die Okavango-delta se biodiversiteit van onskatbare waarde. Dit is ook een van die sewe natuurlike wonders van Afrika.

Verder, sê die kerk, huisves dit die grootste oorblywende populasie Afrika-olifante, 400 voëlspesies en is dit ’n heiligdom vir baie ander diere. Dit word beskerm onder die protokol van die permanente waterkommissie van die Okavangorivier.

“Hierdie verkenning skend die San se regte onder die Verenigde Nasies-verklaring oor die regte van inheemse mense,” lui die petisie. “Water is ’n skaars en kosbare kommoditeit in Namibië, die droogste land suid van die Sahara.”

Die biskoppe wys voorts daarop Namibië is een van die mees kwesbare lande vir klimaatsverandering.

“Met ’n byna ongeëwenaarde potensiaal vir sonenergie, is dit nie sinvol om miljarde vate olie te onttrek nie,” sê hulle verder. “Die vermindering van koolstofvrystellings is ’n wêreldwye verantwoordelikheid.”

Hulle is ook bekommerd oor die “gebrekkige openbare deelnameproses” tot dusver. “Kommer wat deur plaaslike aktiviste geopper word, word geïgnoreer en die koerant The Namibian is weens sy berigte met regstappe gedreig,” sê die biskoppe en voeg by dat daar ook nie voldoende omgewingsimpakstudies was nie.

“Boorwerk in die Kavango-kom sal sy geologiese struktuur versteur en die waterstelsel vernietig wat hierdie unieke ekosisteem en wildreservaat ondersteun,” voer hulle aan.

SOLIDARITEIT
Die waarnemende hoofsekretaris van die Wêreldraad van Kerke, prof. Ioan Sauca, het solidariteit met die inwoners van Namibië en met die Anglikaanse gemeenskap betoon terwyl hulle betoog teen die skade wat olieboorwerk in die Kavango-kom berokken. “Ons kan nie die regte van inheemse gemeenskappe opoffer en God se skeppingsgeskenk ter wille van olie vernietig nie,” het Sauca gesê.

“As ons die internasionale doelwit wil bereik om koolstofvrystellings teen 2030 te halveer en teen 2050 koolstofneutraliteit te bereik, moet ons ons afhanklikheid van fossielbrandstowwe beëindig en die oorgang na hernubare energiestelsels maak,” sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.34/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0074 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.56/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 955.09/OZ UP +2.18% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.34/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0074 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.56/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 955.09/OZ UP +2.18%