Stoomroller het sy nadele
Dani Booysen - Die wyse waarop 'n opposisiemosie oor hervestiging in die Nasionale Vergadering onlangs uit die weg gestoomroller is, is geen nuwe truuk van Swapo nie.
In demokrasieë waar een party oorheers, word dié mag dikwels benut.
Mnr. Usutuaije Maamberua van Swanu, ondersteun deur mnr. McHenry Venaani van die DTA, het in belang van verantwoording en die huis se toesighoudende pligte, 'n debat oor die toepassing van die hervestigingsbeleid voorgestel. Opsigself geen nuwe kwessie nie.
Kriteria vir hervestiging, prosesse vir aansoeke en toekennings en die funksionering van betrokke instansies is op die agenda geplaas. Swanu wou ook opnuut 'n lys sien van al die persone wat sedert 1990 hervestig is as deel van grondhervorming. Die voorstel was om suksesse en gebreke te identifiseer en die proses te verbeter.
Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, wou niks weet nie. Volgens hom is nuwe wetgewing (wat voorheen onttrek is) steeds onder die loep en kan die beplande grondkonferensie oor die saak beraadslaag.
Die saak is met 53 stemme teen tien in die doofpot gestop. Dit skep die persepsie dat die regering nie feite wil deel nie en speel opnuut in die Beweging van Grondlose Mense (LPM) se hand.
Beide huise van die parlement móét juis oor sulke onderwerpe gesels. Tog is swak opposisie wat nie op eie houtjie swak bestuur en korrupsie kan oopkrap nie, van nature minder doeltreffend. Namibië se opposisiepartye reageer oorwegend (soms laat) op wat die media berig.
Slim en goeie regering gebruik selde die stoomroller.
So sê ander
26 September 2017
Herbezinning op de hoogte van het eigen risico is verstandig
Er komt vandaag een parlementaire spoedprocedure aan te pas om het eigen risico in de zorgverzekering voor 2018 te bevriezen op 385 euro per persoon.
Het gevolg van de bevriezing is dat de verzekeringspremie voor 2018 met 10 euro wordt verhoogd.
Zolang de collectieve zorgkosten stijgen, zullen die ergens uit betaald moeten worden.Voor de adressering van de rekening zijn er drie opties. Eén: de patiënt. Twee: de premiebetalers. Drie: de overheid die bijspringt met belastinggeld.
De onderliggende vraag is fundamenteel: hoe solidair moet het stelsel zijn? Hoeveel betaalt “rijk en gezond” voor “ziek en arm”?
Wie meer solidariteit wil, kan niet ontevreden zijn over het spoedplan van de coalitie, al is het effect klein.
De oppositiepartijen trachten niettemin om de premieverhoging terug te draaien. Liever willen zij een verhoging van de rijksbijdrage. Dat klinkt sympathiek, maar is ongewenst.
• DE VOLKSKRANT

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie