Stofwolke nog hoog oor uitvoer van vee

04 October 2021 | Landbou
Jana-Mari Smith

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Namibië het ’n beroep gedoen vir die onttrekking van EnviroLeap, ’n konsultant wat hom beywer vir omgewingsgoedkeuring aan Tradeport Namibia.

Tradeport wil duisende skape van Suid-Afrika na Namibië invoer en dan via Lüderitz per see na die Midde-Ooste uitvoer.

“Dit is duidelik dat EnviroLeap bevooroordeeld ten gunste van die voorgestelde projek is,” het die DBV gereageer op ’n omgewingsomvangverslag wat deur EnviroLeap vrygestel is.

Die DBV doen ’n beroep dat EnviroLeap van die projek onttrek en plek maak vir “’n tweede professionele opinie en konsultasie deur ’n ander maatskappy wat objektief in hul rapportering is”.

Tradeport beplan om tussen 10 000 en 70 000 skape in Suid-Afrika te koop en hulle lewend via die Lüderitz-hawe na die Midde-Ooste te vervoer. Die beplande uitvoere het reeds vanaf verlede jaar sterk teenkanting ontvang.

Die tipe handel word in ander dele van die wêreld uitgefaseer vanweë die bedryf se slegte reputasie vir dieremishandeling, die skade aan die see en die toestande aan boord die vaartuie vir mense. Hoewel die omvangryke verslag sommige van die welsynskwessies takel, sê die DBV en ander dierebeskermingsverenigings daar bestaan steeds groot kommer oor die welstand van diere ten spyte van die voorgestelde versagtingsmaatreëls.

GEBREKKIG

Die DBV voer aan die omvangbepalingsverslag toon duidelike vooroordele deur die omgewingskonsultante wat Tradeport aangestel het om die weg te baan vir ’n omgewingsklaringsertifikaat.

Die DBV het beklemtoon EnviroLeap het die minderheid van geregistreerde belanghebbendes wat die projek ondersteun, bedank, en “diegene wat ernstige kommer uitgespreek het en/of teen die voorgestelde projek is, is op een of meer punte verwerp of bespot”.

Boonop het die omvangverslag ’n gebrek aan onafhanklike en professionele insette gehad, en die skrywer en beoordelaars was almal professioneel aan EnviroLeap verbind, het die DBV gesê.

“’n Hersieningsraad moet onpartydig en onafhanklik van die onderneming wees wat die verslag skryf,” sê die DBV. ‘n Ander vraag wat gestel word, is die gebrek aan openbare konsultasies met relevante belanghebbendes.

Die DBV se ondersoek het getoon geen publieke konsultasies is op Keetmanshoop, Aus en Lüderitz gehou nie. Hulle het ook bevind insette van professionele Namibiërs ontbreek in die verslag.

GEEN KOMMENTAAR

Verlede week het lewendehaweprodusente die verslag se gebrek om die bek-en-klouseer uitbreking in Suid-Afrika te takel, bevraagteken. Die uitbreking het tot ‘n algehele verbod op die invoer van skape en ander vee na Namibië gelei. EnvironLeap het geweier om kommentaar hierop te lewer.

Intussen het NamPort bevestig hulle is nie van die projek bewus nie. Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het bevestig die vervoer van lewende skape van Suid-Afrika na enige hawe van Namibië word nie toegelaat nie.

Die DBV wys daarop dat hulle en talle ander geregistreerde en geïnteresseerde partye nie voor einde Augustus vanjaar bewus gemaak is van die omvangbepalingsverslag, of uitgenooi is na verdere vergaderings van belanghebbendes sedert verlede jaar soos luidens die verslag nie.

SENSITIEF

Verskeie partye het opgemerk Namibië word deur Midde-Oosterse invoerders geteiken weens toenemende druk in Suid-Afrika om die handel te staak. Die DBV voer aan as Tradeport ernstig is oor dierewelsyn sou, “hulle eerder die slagting van diere in die land van herkoms en die uitvoer van bevrore vleis ondersteun – ‘n mark wat groei en meer volhoubaar en finansieel voordelig is vir die land waar die diere vandaan kom.”

Die DBV het gewaarsku dat Tradeport deur middel van deelname aan die handel “bewustelik bydra tot die vrees en nood van die diere”. Alhoewel die omvangryke verslag beweer Tradeport of Namibië het geen wettige verantwoordelikheid vir die welsyn van diere aan boord nie, het die DBV benadruk dat “dit TradePort nie van enige verantwoordelikheid kwytskeld nie met die bydra tot dieremishandeling nie, maar dit ook moontlik maak.” – [email protected]

Soortgelyk

 

Geen sterftes, 45 nuwe gevalle

57 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-verwante sterftes bly op 3 573, terwyl 45 gevalle (die meeste in Khomas) gister aangeteken is. Dit is 'n positiewe koers van 2,9% en...

Uitreiking van graad 11- en 12-uitslae vertraag

1 uur gelede | Onderwys

Die uitlek van verskeie vraestelle vir graad 11- en 12 gewone vlak eksamen en die vervroeging van die vakansie gaan 'n invloed op die vrystelling...

MIV/vigs die epidemie van ongelykhede

4 ure gelede | Gesondheid

MIV/Vigs bly die epidemie van ongelykhede. Elias Magosi, uitvoerende sekretaris van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het op Wêreld Vigsdag wat globaal op 1 Desember herdenk...

Namibiër met Omicron: Kontakopsporing begin

14 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het reeds begin om die mense op te spoor met wie die Namibiese diplomaat wat...

Beleggingswet op ys … vir nou

14 ure gelede | Regering

Brigitte WeidlichDie minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gistermiddag die konsepwet op die bevordering en fasilitering van beleggings in die parlement teruggetrek...

Somer, swem en lafenis

14 ure gelede | In beeld

Die munisipale swembad in Katutura en die een in Olympia is vanaf verlede Saterdag vir die publiek oop. Ingangsfooie by die swembaddens is N$10,50 vir...

Verdediging trap vas oor ‘geheime’

14 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie ministerie van verdediging en veteranesake se boeke klop nie en die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge moes gister worstel om antwoorde uit...

Weer vir 1 Desember 2021

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm in die suidweste, maar elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot verspreide donderbuie in Otjozondjupa en Omaheke....

Geen keer aan brande

14 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie brand wat ’n week gelede by die Osona- militêre basis naby Okahandja begin het, het gister laat namiddag nog steeds in die berge...