Stof gaan lê vir trappers
Die Hollard Gravel & Dirt-reeks was in sy eerste bestaansjaar 'n treffer.
Die voorste presteerders in vanjaar se Gravel & Dirt-bergfietsreeks, geborg deur die versekeraar Hollard, is voor die naweek by die Eagles Boma in Avis by 'n uitsoekgeleentheid vereer, met die bekende fietsryfiguur Patrick de Goede van Cycletec wat as seremoniemeester opgetree het.
Die aand se verrigtinge was nie jou alledaagse prysuitdeling nie. Riaan Smit en Luca Hart, jazz-musikante van die groep Crimson Blues, het die regte atmosfeer gehelp skep voordat die ryers vir hul toewyding beloon was.
Al die bekende gesigte wat bergfietsry met 'n passie of om ander redes beoefen, was teenwoordig met applous toe die verskillende kategorieë se wenners vir hul pryse na vore geroep is.
'n Hoogtepunt van die aand was toe die elite-mansryers bekroon is waar Drikus Coetzee algeheel eerste, Xavier Papo (tweede) en Hofmeyr van Blerk (derde) geëindig het.
By die elite-vroue het Irene Steyn die puntestryd teen Michelle Vorster en Michelle Döman gewen.
Saam met die wenners is die borge en organiseerders van die byeenkomste vir hul ondersteuning en toewyding bedank wat die bergfietsreeks weereens 'n sukses gemaak het.
“Ons bedank die borge Nico Gericke van Namibië Brouerye, Louis Peens van Food Lovers Market asook Mannie Heymans, president van die Namibiese Fietsryfederasie en sy visepresident Rolf Adrian. Ons wil opnuut ons hartlike dank teenoor ieder en elk uitspreek wat die 2017-reeks 'n sukses gemaak het,” sê Hollard in 'n verklaring.
Hollard en Raceday Events, spesialiste in tydhouding by sportbyeenkomste, sal voortgaan om die Gravel & Dirt-byeenkomste in die toekoms te ondersteun, met Hollard wat reeds tot en met 2019 as borg van die reeks verbind bly.
Die groei en ontwikkeling van die reeks bied aan die bergfietsgemeenskap van Namibië 'n verhoog waar al hoe meer ryers na vore kan tree om dié sport na nuwe hoogtes te neem.
“Met die jaar op sy rug, dink ons terug aan die eerste X-Ride-kompetisie van 2017 tot die laaste ryer wat by die Gobabis-uitdaagbyeenkoms oor die eindstreep gery het.
“Elkeen van hierdie ryers het 'n mylpaal bereik waar persoonlike uitdagings en beperkings oorkom en grense verskuif is. Dit was beslis 'n jaar om te onthou en ons is trots om by so 'n reeks byeenkomste betrokke te wees wat vir altyd onthou sal word. Tot volgende keer, Namibië,” sê Hollard in sy verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie