Stoeiers slyp vir groter drome
Stoei
Die Namibiese Stoeivereniging bied môreoggend van agtuur af sy jaarlikse Presidentstoernooi by die After School-sentrum in Katutura aan.
Die kompetisie in dié toernooi word hoofsaaklik volgens die gewig van die stoeiers opgestel en nie die ouderdomsgroepe nie. Dus is daar net twee ouderdomsgroepe – onder 13 en die ope afdeling vir stoeiers ouer as 13, waarin die stoeiers op gelyke voet en krag teen krag opgeweeg word.
Die kompetisie word aangebied in vrystyl én die Grieks-Romeinse styl (net grepe aan die bolyf toegelaat).
Ongeveer 50 stoeiers van verskeie klubs sal aan die uitdaging deelneem. Die toernooi dien as voorbereiding vir nasionale proewe op 6 November en die nasionale kampioenskap op 26 November.
Navrae kan aan Patrick Muir by 081 129 1113 gerig word.
FOTO
Namibiese stoeiers was onlangs in Johannesburg waar hulle 'n oefenkamp teen die buurland se stoeiers bygewoon het. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie