Stigma rondom Covid-19 neem af
Stigmatisering veroorsaak dat mense nie hulself laat toets en vir mediese hulp gaan nie.
Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners waarsku dat die bevegting van vreesgebaseerde diskriminasie steeds 'n prioriteit moet bly.
“Stigma is 'n teken van skande wat met spesifieke omstandighede geassosieer word,” het 'n hoof-gemeenskapswerker by die kus, me. Audrey Gaes, gedurende 'n onlangse voorlegging gesê.
Stigmatisering kan 'n rimpeleffek met verskeie nagevolge veroorsaak.
“Stigma veroorsaak hartseer vir baie mense deurdat dit meer angs en woede kweek; in plaas daarvan om op die siekte te fokus wat die wortel van die probleem is. Stigma veroorsaak dat mense hulle simptome wegsteek,” het Gaes gesê.
'n Verklaring van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) waarsku dat stigmatisering gemeenskappe kan destabiliseer en verskeie mense kan isoleer.
Dit verminder die aantal mense wat hulself laat toets of mediese hulp aanvra en dit kan die toename in infeksies en sterftes tot gevolg hê.
ERONGOSTREEK
Inwoners van die Erongostreek was die hoofteiken van Covid-19-stigmatisering toe dié streek Namibië se eerste episentrum van die pandemie geword het.
“Ons het kollegas gehad wat geweier het om pasiënte van Walvisbaai in te neem, ongeag hulle Covid-19 uitslae,” het die Walvisbaaise chirurg, dr. Kwasi Yeboah, gesê.
In die gemeenskap self het stigmatisering van siek mense, of diegene in nabye kontak met hulle, ontstaan.
“In ons hospitaal het sommige pasiënte wat herstel het en huis toe gestuur is, probleme ervaar met familie en vriende wat hulle agterna vermy het,” het Yeboah gesê.
Nog groepe wat kwesbaar is vir stigmatisering is noodsaaklike diensverskaffers wie se werk 'n hoë risiko vir infektering inhou.
Dit sluit in onder meer gesondheidwerkers en vragmotorbestuurders.
Ester Mbathera, 'n joernalis van die kus, vertel oor die impak van stigmatisering op haar familie ná 'n familielid 20 jaar gelede vigs opgedoen het.
“As dit kom by stigmatisering, is dit die gemeenskap se onkunde wat die seerste maak. Jy word deur jou eie gemeenskap verwerp. Mens kon dit selfs in die kerk aanvoel, 'n plek wat veronderstel is om 'n veilige hawe te wees.
“Ek het 'n alleenloper geword. Ek kon aanvoel dat die warmte en oopheid waaraan ek gewoond was, nie meer daar was nie,” het Mbathera gesê.
“Stigma ontstaan deur die manier waarop inligting van 'n aansteeklike en dodelike siekte versprei word en dit moet daarom met omsigtigheid hanteer word,” het Mbathera gesê.
VOORSPELBAARHEID
Volgens Yeboah is stigmatisering te midde van die uitbreking van 'n nuwe siekte nie ongehoord, óf uniek tot Covid-19 nie.
“Dit is normaal. As mens terugkyk na die geskiedenis, was dit nog altyd so. Mense diskrimineer en die reaksie op die coronavirus is nie 'n nuwe verskynsel nie.”
Yeboah wys daarop dat in die begin van die Covid-19-uitbreking heelwat onbevestigde en onakkurate inligting versprei is.
“Mense het van dinge gepraat wat hulle nie begryp het nie en dit kan mense mislei. As inligting nie akkuraat is nie, maak dit mense onseker.”
Volgens Yeboah word daar tans beter kwaliteit inligting in verband met die coronavirus gedeel en lei dit tot die geleidelike afname in stigmatisering en diskriminasie.
“Dit is nie 'n tendens wat stagneer het nie. Dinge het die afgelope paar maande verander en mense is nou meer ingelig.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie