Steve, jy sal dringend moet help
Steve, jy sal dringend moet help

Steve, jy sal dringend moet help

[email protected]
Sanet de Waal
Yolanda Nel – Geagte Steve Hofmeyr. Ek het jou hulp nodig. Aanvanklik het ek gedink dit is net ’n fase, dit sal oorwaai, maar né maande se gesoebat en gesmeek, voel ek ek moet die hulp van die groot ouens inroep.

Jy sien Steve, ek het twee laaities. Hulle is een en twee jaar oud. Nou, kleinboet doen wat grootboet doen, so ek is nie seker hoe groot die skade al by die jongste is nie, maar die oudste se gedrag is ’n probleem. Dit moet dringend aangeroer word.

Ek probeer ’n goeie ma wees. O, die hemele hoor my, ek probeer. Maar dit maak nie saak wat ek doen nie, as ek hulle borde kos vir hulle aangee, word die inhoud op die vloer omgekeer; en dan doen hulle die ondenkbare.

Steve, ek kan dit nie eens tik nie. Ek is so bang vir die verwerping. Maar ek gaan braaf wees. Steve, dan eet hulle van die vloer af. Somtyds eet hulle soos honde. Ek weet nie waar ek verkeerd gegaan het nie. Ons besit nie eens ’n hond nie.

Hulle is Blou Bulle, Steve. En Blou Bulle eet nie van die vloer af nie. Ons ken ook nie van verloor nie, maar dit voel vir my ek verloor hierdie oorlog.

Hoe hanteer ek hierdie situasie? Is daar ’n Blou Bul-ondersteunersgroep waarby ek kan inskakel? Dalk met ouers wat al dieselfde probleem ondervind het. Ek probeer dit geheim hou, maar die familie begin nou al snuf in die neus kry. Steve, kan jy jou dit indink. Daai verwerping? Ek sien nie kans daarvoor nie.

Jy het self gesê jy roep vir Frik du Preez, hy sal jou hoor. En vra vir Thys Lourens, bly op sy spoor. Dalk kan hulle kom help. Naas kan dalk bietjie kom bal skop met die kleinspan terwyl ons ander koppe by mekaar sit.

Bou hulle dalk miskien so hulle immuunstelsel op? Jy weet, om sterker en brawer te wees? Om eendag waardig as ’n Blou Bul-ondersteuner met hul koppe omhoog te loop.

Die ander alternatief is om ’n hele ander sportsoort te kies. Waar ’n span hulle toelaat om net hulself te wees. Al eet hulle dan nou maar van die vloer af. Dalk moet ons huisgesin eerder tennisaanhangers word. Of gholf kyk. Dalk is dit ons voorland, want ek sien nie kans om vir die WP te skree nie, óf vir die Haaie, óf die Leeus nie. Ek weet hulle sal ons met ope arms aanvaar, maar dit voel net nie reg nie.

Ai Steve, dis moeilik. Jy maak hulle goed groot en hoop hulle volg in jou voetspore, maar dalk is die uitdaging vir hierdie twee peuters net nou te groot. Dalk het hulle nou net bietjie meer tyd nodig.

Steve, ek het op die kombuisvloer gesit met die pot kos op die vloer, ons elkeen met ’n lepel. Dis darem al beter as om van die vloer af te eet, maar beslis nog nie die ideale situasie nie. Dan luister ons die Blou Bul-liedjie op “repeat”, maar dis asof niks by die kroos registreer nie.

Ek hoop jy skryf gou terug. Stuur net hulp. En as niks anders kan nie, wie speel deesdae gholf?

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!