Steun in stryd teen hepatitis E
Maria Eiseb
Ten einde die verspreiding van die hepatitis E-virus te help bekamp, het die Coca-Cola Namibia Bottling Company (CCNBC) in samewerking met die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, 'n skoonmaakveldtog in die Havana-nedersetting gehou.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is swak sanitasie die oorsaak van die onlangse uitbreking van dié virus, met die aantal gevalle in die informele gedeelte van die stad wat teen die einde van Januarie tot minstens 490 toegeneem het.
In 'n verslag van die CCNBC word gesê bykans 92% van Namibiese huishoudings in informele nedersettings kry water van gemeenskaplike krane, en 2% van oop of onveilige waterbronne. Die ministerie van gesondheid, met die ondersteuning van Namwater, verskaf tans mobiele watertenks in die hoofstad, lui die verslag.
Die ministerie doen 'n beroep op die gemeenskap om hul drinkwater te suiwer en goeie higiëne te handhaaf. Was hande met seep voordat kos voorberei of geëet word, aangesien dit onder meer die verspreiding van siektes soos hepatitis E kan voorkom.
Die CCNBC het die ministerie van sowat 200 tien liter-houers voorsien wat met seepwater gevul en aan huishoudings in Havana versprei word, volgens amptelike verslae die mees geaffekteerde informele nedersetting in die hoofstad is.
Die maatskappy het ook 10 000 liter skoon en veilige drinkwater aan inwoners verskaf.
Sowat 40 werknemers van CCNBC en vrywilligers van die gemeenskap het gehelp met die veldtog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie