Sterk Angola goed vir Nam
Sterk Angola goed vir Nam

Sterk Angola goed vir Nam

Dani Booysen
Tydens verlede week se 40ste herdenking van Cassingadag is bande seremonieel stewiger getrek met Namibië se noordelike buurland, Angola.

Die twee lande deel ‘n noue en belangrike geskiedenis weens die bevryding van die vasteland en die twee state.

Samesprekings en die gewyde herinnering van die verlede se bloedvergietiging het uitdrukking hieraan gegee. Angola se nuwe president, mnr. João Lourenço, en sy voorgangers is in woord en daad vereer.

Of die nabye ligging van, en goeie verhouding met Angola dusver tot optimale, wedersydse voordele vir beide lande gelei het, is egter ‘n ope vraag. Meer kon die afgelope 28 jaar vermag gewees het.

‘n Lang lys samewerkingsooreenkomste bestaan nietemin – en die klem wat verlede week op die oorgrensontwikkeling van toerisme gelê is, is van die gebiede met groot potensiaal.

Byvoorbeeld die aaneensluiting van spoornetwerke het steeds nie gebeur nie. Weens plaaslike gebreke, maar ook weens Angola se eie, unieke herbouings-uitdagings ná die burgeroorlog in die land.

Namibië behoort nie net ‘n bestemming vir goedere en dienste te wees nie. Selfs dié verkeer het dramaties gekwyn weens Angola se ekonomiese probleme.

Ook het die valuta-ooreenkoms en die aanvanklike onvermoë om terug te betaal groot druk op die Namibiese staatskas geplaas.

Onder Lourenço se bewind is positiewe hervormingstappe reeds gewaar, maar baie water moet nog in die see loop.

‘n Demokraties lewenskragtige en ekonomies vooruitstrewende Angola is vir ons Afrika-genote in die buurland ewe belangrik as vir Namibië.

So sê ander

7 Mei 2018

Beeld en Die Burger sê

Talle vrae het die afgelope week oor die bestuur van ons kosbare natuurlewe ontstaan.

Dit is moeilik om nie met afgryse te reageer nie op die slagting van leeus en die opkook van hul skelette op ’n plaas by Bloemfontein. Dít vir die uitvoer van hul beendere na Oosterse lande soos Viëtnam en China, waar dit glo vir tot R100 000 vir niebestaande mediese voordele verkoop word.

Iets ingrypends skort as ’n samelewing en owerhede toelaat dat ’n stelsel so skeefgetrek raak dat diere die prys vir menslike hebsug betaal, soos in die geval van die leeuslagtings. Al is dit nie onwettig nie, moet doodseker gemaak word dat permit- en omgewingsetiekvereistes nagekom word.

Al vaar instellings soos die Krugerwildtuin danksy onder meer internasionale hulpverlening al hoe beter in die stryd teen renosterstropery, is daar nog nie genoeg politieke wil om hierdie kritiek bedreigde diere teen uitsterwing te beskerm nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer