Sterftes styg met ses tot 81
Sterftes styg met ses tot 81

Sterftes styg met ses tot 81

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het ses nuwe Covid-19-verwante sterftes vir die land aangekondig. Dit bring die totaal op 81 te staan. Die ses sterftes is onderskeidelik in Rehoboth (3), Windhoek (2) en Walvisbaai (1) aangeteken. Die drie sterftes in Rehoboth is onderskeidelik 'n 52-jarige man, 'n 66-jarige vrou en 'n 43-jarige vrou. Die twee sterftes in Windhoek is onderskeidelik 'n 81-jarige vrou en 'n 58-jarige man, terwyl die sterfte in Walvisbaai 'n 88-jarige man was.

Die minister het ook 142 gevalle aangekondig en wel 94 in Windhoek, sewe in Grootfontein, vier in Otjiwarongo, twee in Okahandja, 10 in Walvisbaai, een in Swakopmund, sewe in Rehoboth, vier in Keetmanshoop, een in Karasburg, een in Lüderitz, vier in Rundu, twee in Nankudu, twee in Gobabis, twee in Katima Mulilo en een in Omithiya. Dit bring die totaal op 7 692 gevalle vir die land te staan.

Namibië het nou 4 232 aktiewe gevalle waarvan 29 gevalle ernstig of kritiek is. Dit sluit vyf kritieke gevalle in Erongo en 18 ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas in. Volgens Shangula is die anti-virale medikasie, remidesivir, wat verlede week in die land aangekom het, reeds na hospitale versprei en sal dit vir die behandeling van Covid-19-pasiënte voorgeskryf word. Die medikasie word wêreldwyd vir behandeling gebruik en is gevind verkort die herstel van pasiënte.

Tot op hede is 62 446 weefselmonsters getoets, het 3 379 mense herstel, 8 465 kontakte word gemonitor en is 1 731 mense huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer