Sterftes skuif verby 2 000, 1 284 nuwe gevalle
Sterftes skuif verby 2 000, 1 284 nuwe gevalle

Sterftes skuif verby 2 000, 1 284 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes vir Namibië sedert die uitbreking van die pandemie in Maart staan nou op 2 019, nadat nog 28 sterfgevalle aangemeld is. Windhoek het die hoogste getal aangeteken en wel agt, gevolg deur Swakopmund- en Katima Mulilo-distrikte met vyf sterftes elk, Oshikuku-distrik met drie, Tsumeb met twee en Okongo-, Onandjokwe-, Okahao-, Eenhana- en Tsandi-distrikte met een sterfte elk. Katima Mulilo het een tuissterfte gehad. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie.
Gister is 1 284 nuwe gevalle (positiewe koers van 37%) aangeteken, met Khomas (25%) met die hoogste getalle, gevolg deur Erongo met 13%. Onder die gevalle is 129 leerlinge, 29 onderwysers, 21 studente en 24 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 25 een dosis ontvang en een was ten volle ingeënt.
Tans is daar 26 270 aktiewe gevalle waarvan 570 in die hospitaal en 107 in die ICU is.
Tot op hede is 131 132 mense ingeënt waarvan 30 529 tweede dosisse ontvang het. Die herstelkoers staan op 74%.

Kommentaar

Republikein 2025-08-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer