Sterftes ná dam in Kenia bars
Die Pateldam in Kenia se wal het Woensdagnag noordwes van die hoofstad, Nairobi, gebreek en nedersettings verwoes.
Groot verwoesting en talle sterftes het op 'n Keniaanse dorp voorgekom toe 'n damwal Woensdagnag ná swaar reën gebars het, het die goewerneur van Nakuru gister bekend gemaak.
AFP berig minstens 27 mense is dood toe hulle huise deur die vloedwater meegesleur is terwyl hulle geslaap het.
Die Pateldam se wal het Woensdagnag in Solai in die Nakuru-streek, 190 km noordwes van die hoofstad, Nairobi, gebreek.
“Die water het grootskaalse sterftes en die verwoesting van eiendom teweeggebring. Die omvang van die skade kon nog nie vasgestel word nie,” het Lee Kinyajui in 'n verklaring gesê.
Altesaam 159 mense is die afgelope paar weke in Kenia dood ná hewige storms wat tot vloede en modderstortings gelei het. Die swaar reën volg ná 'n erge droogte dié land geteister het, berig AFP.
Die private Pateldam word vir besproeiing en visboerdery gebruik. Volgens die polisiehoof in Nakuru, Gideon Kibunjah, duur die reddingspoging en soektog na nog oorledenes voort.
'n Senior polisieman op die toneel het aan AFP gesê reddingswerkers het 11 lyke onder die modder in 'n koffieplantasie gevind. “Die meeste was vroue, kinders en bejaardes wat nie vinnig genoeg voor die stuwende watermassa kon vlug nie.”
Die dam is omring met klein informele nedersettings waar mense woon wat op die naburige plase werk.
Die Rooikruisvereniging in Kenia het op Twitter bekend gemaak dat tot 39 mense tot dusver gered is.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie