Stembriewe kom in die land aan
Stembriewe kom in die land aan

Stembriewe kom in die land aan

Ronelle Rademeyer
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê die vliegtuig waarmee die stembriewe na Namibië vervoer is, word Vrydagmiddag in die land verwag.
Volgens die ECN is die voorbereidings vir die 2020 streek- en plaaslike owerheidsverkiesings in ’n “gevorderde stadium”.
"Die drukproses van die stembriewe is suksesvol afgehandel en sal na verwagting om 16:30 vandag op ’n vlug vanaf Durban, Suid-Afrika, op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe land," lui die verklaring.
Die stembriewe sal onder streng bewaking na die logistieke bergruimte by die ECN-hoofkwartier vervoer word.
Tussen Saterdag, 14 November, en Dinsdag, 17 November, sal die stembriewe gesorteer en versprei word volgens kiesafdelings, plaaslike owerhede en stemgroepe in die teenwoordigheid van politieke kandidate se verteenwoordigers.
Tussen 18 en 20 November sal die stembriewe na al die streke versprei word ter voorbereiding op die komende verkiesings.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer