STELLA se Nuwe Môre
Elkeen van ons smag die een of ander tyd na ’n nuwe begin . . .’n tweede kans om ons drome waar te maak.
STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, verteenwoordig nie net die nuwe rigting waarin haar musiekloopbaan gaan nie, maar is ook iets waarby luisteraars sal aanklank vind. Die CD bestaan uit 12 hoendervleismooi, oorspronklike, kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en selfs die mees kritiese oor in vervoering sal hê.
Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep Duis:Lig, wat pas ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album vir die tweede jaar in ‘n ry gewen het!
Haar eerste enkelsnit en musiekvideo, Nuwe Môre, is in April 2016 bekend gestel. Beide is ongelooflik goed ontvang deur radiostasies. Die tweede enkelsnit, Deur Die Liefde En Die Seer, is gedurende Maart 2017 uitgereik en bou voort op die sukses wat sy reeds bereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie