Steinhoff wil binne dae €200 miljoen leen
Steinhoff wil binne die volgende paar dae €200 miljoen leen om te keer dat sy kleiner filiale, soos Oostenryk se Kika-Leiner, die hele groep laat ondergaan, sê bronne na aan die onderhandelinge.
Steinhoff het begin Desember erken daar was “rekenkundige onreëlmatighede” in sy finansiële state. Dit het meer as 85% van die maatskappy se markwaarde uitgewis.
Markus Jooste, wat gehelp het om die beskeie Duitse meubelverspreider te omskep in ’n wêreldreus, het intussen bedank, asook Christo Wiese, voorsitter en grootste aandeelhouer van die maatskappy.
Die groep word tans bestuur deur ’n waarnemende uitvoerende hoof, Danie van der Merwe. Ben la Grange, die finansiële hoof, is uit sy pos geskuif om ’n nuwe taak te verrig, naamlik juis om finansiering vir die maatskappy te bekom.
Steinhoff het in Desember in gesprekke met krediteure toegegee hy het ’n finansieringsgaping van €550 miljoen. Ooreenkomste wat sedertdien beklink is, verminder dit tot €200 miljoen.
Gesprekke met banke en ander potensiële krediteure is ver gevorder en kan binne ’n week voltooi word, sê ingeligtes.
“Die hoofdoelwit is nou om te keer dat enige Steinhoff-filiaal se kontant opdroog en potensieel die hele groep afrem,” sê een van die mense.
Die nuwe bronne van kontant gaan dalk net drie maande se probleme oplos.
Steinhoff was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Dis duidelik dat die filiale nie die groep [Steinhoff] vertrou nie en hul eie finansiering met hul eie adviseurs wil beding.
Kika-Leiner, met jaarlikse verkope van nagenoeg €800 miljoen in Oostenryk en Oos-Europa, waar Bruno Steinhoff, die maatskappy se stigter, in die Kommunistiese era goedere gekoop het, bly die eenheid met die grootste kontantkrisis. Dít is selfs nadat €50 miljoen se eiendom aan die belegger Rene Benko verkoop is.
Die groep se private straler is vir nagenoeg €15 miljoen te koop.
Die maatskappy het die afgelope drie weke geld vir Poundland en Mattress Firm bekom, volgens die ingeligtes. Die finansiering van ander filiale gaan glo ook binnekort op fermer voet wees.
Die Franse meubelwinkel Conforama is besig om €200 miljoen in te vorder met die hulp van die adviseur Rothschild.
“Oorspronklik was die plan dat meer geld op groepvlak ingesamel sou word, ook vir die Britse en Franse filiale,” sê een adviseur oor die skuldherstrukturering, “maar dis duidelik dat die filiale nie die groep vertrou nie en hul eie finansiering met hul eie adviseurs wil beding.”
Steinhoff besit ook Harveys in Brittanje en Poco in Suid-Afrika, Australië en Duitsland, waar die groep se primêre notering is en die groep ook ondersoek word.
As korttermynfinansiering uitgestryk is, sal Steinhoff moet besluit of die verkoop van bates en herfinansiering genoeg gaan wees en of hy volskaalse skuldherstrukturering moet ondergaan.
Nagenoeg €2 miljard van Steinhoff se effekte van €10,7 miljard is vanjaar betaalbaar.
Die nege banke met die grootste blootstelling aan Steinhoff-effekte, van €500 miljoen of meer elk, is Commerzbank, Unicredit, Calyon, BNP, JPMorgan, HSBC, Citi, Mizuho en Bank of America.
Steinhoff praat ook met derdeparty-beleggers soos die verskansingsfonds Davidson Kempner, wat geld aan Poundland geleen het.
Senior skuldhouers het FTI as hul gesamentlike herstruktureringskonsultant gekies.
FTI en die banke wou nie kommentaar lewer nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie