Steinhoff verkoop aanlyn winkel teen appel en ei
Jan Cronje - Die internasionale supermarkgroep Carrefour gaan ’n belang in die aanlyn winkelgroep Showroomprivé teen ’n groot afslag van ’n filiaal van Steinhoff koop.
Steinhoff is vanaf Desember in omstredenheid gedompel oor sy finansiële state wat nog nie uitgereik is nie omdat onreëlmatighede met sy boekhouding met die opstel daarvan ontdek is.
Die belang in die aanlyn winkel word van Steinhoff se Europese filiaal Conforama gekoop.
Steinhoff het minder as ’n jaar gelede deur Conforama die 17%-belang in Showroomprivé gekoop.
Carrefour het in ’n verklaring op sy webtuiste gesê hy gaan die belang koop.
Die belang is verlede jaar vroeg in Mei teen €27 per aandeel of ’n totaal van €157,5 miljoen deur Steinhoff gekoop.
Die aandele word nou teen €13,50 per aandeel of ’n totaal van sowat €79 miljoen verkoop.
Steinhoff, wat sy hoofkantoor op Stellenbosch het, het vroeg in Januarie aan beleggers gesê van sy sake-eenhede ondervind wesenlike kontantvloeiprobleme. Ander bates is ook reeds verkoop.
Steinhoff se aandeelprys het Maandag met byna 4,8% of 30c tot R5,92 gedaal.
Sedert vroeg in Desember het die aandeelprys reeds met sowat 80% geval.
Bloomberg het verlede week berig JP Morgan Chase & Co en die Goldman Sachs-groep het onlangs groot verliese aangekondig wat verband hou met lenings aan Steinhoff en die beleggingsvoertuie van die voormalige voorsitter, Christo Wiese. – Netwerk24/Fin24, bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie