Steinhoff: Deloitte wil nie ouditmening gee
Steinhoff: Deloitte wil nie ouditmening gee

Steinhoff: Deloitte wil nie ouditmening gee

Nellie Brand-Jonker – Die sukkelende Steinhoff het Dinsdag om middernag sy jaarresultate vir die boekjaar tot einde September 2017 uitgereik, maar Deloitte, wat die oudit gedoen het, wil steeds nie sy mening oor dié jaarstate lug nie.

Die verslag beslaan 343 bladsye, en op bl. 316 sê Deloitte hy kan nie ’n ouditmening gee nie weens die wesenlike onsekerhede oor of Steinhoff as ’n lopende saak sal kan voortbestaan.

Deloitte wou reeds nie in 2017 die jaarstate afteken nie weens rekeningkundige ongerymdhede wat verdere ondersoek geverg het.

Deloitte sê in die ouditverslag van 7 Mei dit is sy verantwoordelikheid om ’n oudit te doen van die finansiële state ingevolge die Nederlandse wette en ouditstandaarde en om ’n ouditeursverslag uit te reik. Deloitte sê egter hy kan nie voldoende en geskikte ouditbewyse kry om ’n basis vir ’n ouditmening oor die state te vorm nie.

Deloitte verwys na die toesighoudende direksie en die besturende direksie se verklarings in die verslag wat verwys na die “buitengewone omstandighede waaronder die finansiële state voorberei is”.

Volgens die firma was die aankondiging op 5 Desember 2017 dat die jaarstate nie uitgereik kan word nie, weens ernstige kommer wat na vore gekom het in die oudittydperk van September tot Desember.

Daarna is PwC aangestel om ’n onafhanklike ondersoek oor die beweerde rekeningkundige ongerymdhede te doen.

Deloitte het toegang gehad tot die PwC-ondersoekspan en hul verslag gedurende die huidige oudit.

“Daar is egter steeds gevalle waarin geen definitiewe gevolgtrekkings gemaak kan word nie, wat tot gevolg het dat die bestuur wesenlike oordele moet fel soos hulle skryf in die deel van die verslag waar die basis waarop die jaarstate voorberei is, uiteengesit is.”

Die besturende direksie het die jaarstate voorberei op grond daarvan dat hulle Steinhoff as ’n lopende saak beskou.

State word voorberei op grond van ’n lopende saak indien daar nie planne is om ’n maatskappy te likwideer of bedrywighede te staak nie.

“Die groep se kontantvloei-vooruitskatting dui aan hy kan voortbestaan vir die afsienbare toekoms (die komende 12 maande), maar sekere kritiese aannames is gemaak om tot dié gevolgtrekking te kom,” sê die besturende direksie in die verslag.

Deloitte sê gevolglik is daar talle onsekerhede wat potensieel op mekaar kan inwerk en waarvan die algehele impak wesenlik kan wees op die finansiële state in geheel.

Die onsekerhede behels, volgens die ouditfirma:

1. Wesenlike onsekerhede of Steinhoff ’n lopende saak is.

Steinhoff moes weens die aankondiging in Desember 2017 van die bepalings en voorwaardes van sy leningsgeriewe met skuldeisers heronderhandel. Die bestuur het die finansiële state voorberei op grond daarvan dat die maatskappy as ’n lopende saak beskou word, en het hul aannames en die verwante onsekerhede ingesluit.

Deloitte verwys na wat die besturende direksie gesê het dat die jaarverslag waar hy die basis vir die voorbereiding van die jaarstate gee daarop gegrond is dat Steinhoff ’n lopende saak is. Daarin is beleggers se aandag gevestig op die feit dat die bedryfslaste die bedryfsbates oorskry, en dat die wesenlike onsekerhede vir langer as 12 maande (wat as die afsienbare toekoms beskryf word vir die doeleindes van die aannames om te bepaal of dit ’n lopende saak is) gaan voortduur.

Die balansstaat toon sy bedryfsbates beloop €4,4 miljard terwyl sy bedryfslaste €14 miljard beloop.

Daarvan was €8,6 miljard rentedraende lenings einde September 2017.

“Dit veroorsaak dus wesenlike twyfel oor die groep en die maatskappy se vermoë om as ’n lopende saak voort te gaan ná die afsienbare toekoms,” lui die verklaring van die besturende direkteure.

2. Wesenlike onsekerheid oor die regsgedinge en eise teen die groep.

Deloitte sê die aankondiging van Desember 2017 en die gevolglike skerp daling in die aandeelprys van Steinhoff het meegebring dat talle aandeelhouers eise teen die maatskappy ingestel het.

“Hoewel die bestuur nie die potensiële kontant wat gaan uitvloei, kan bepaal as die howe ten gunste van die eisers beslis nie, kan dit wesenlik wees en kan dit ’n impak op die aannames vir ’n lopende saak hê.”

Die besturende direksie het gesê daar moet ’n oplossing vir die potensiële litigasie gesoek en geïmplementeer word.

3. Wesenlike onsekerheid oor die belastingimpak van die heraangee van en aanpassings aan die syfers wat gemaak moes word om die rekeningkundige ongerymdhede reg te stel.

“Weens die rekeningkundige ongerymdhede het die bestuur herstaterings en aanpassings gemaak wat oor jare strek en talle belastingjurisdiksies betrek.”

Die besturende direksie het gesê belasting bly ’n wesenlike onsekerheid omdat die impak van die rekeningkundige ongerymdhede onseker is. “Die finalisering van die belasting sal “wesenlike ontleding en onderhandeling met verskeie belastingowerhede in die lande verg”. ’n Belangrike aanname wat hulle gemaak het, is dat daar nie enige onverwagse wesenlike belastingaanslag gekry word nie.

“Die bestuur is tans nie in staat om die potensiële kontantuitvloei hiervan te raam nie, insluitende die tydstip wat dit gaan plaasvind nie.”

Deloitte glo dit kan ook ’n impak hê op die vermoë van die maatskappy om as ’n lopende saak voort te bestaan.

4. Wesenlike onsekerheid oor die gevolgtrekkings oor die beheer wat Steinhoff oor sekere ondernemings waaroor die ondersoek gehandel het, uitoefen.

Die maatskappy moes onder meer besluit of hy beheer gehad het oor die entiteite Campion, Talgarth en ander.

“Ons is nie in staat om genoegsame geskikte ouditbewyse te kry om die gevolgtrekkings te ondersteun oor die beheer nie, en dus ook nie wat die rekeningkundige en konsolidasiegevolge moet wees nie.”

5. Wesenlike onsekerheid oor wat Steinhoff se belegging in Conforama is.

Steinhoff is in ’n regsgeding met Andreas Seifert, ’n Oostenrykse burger wat voorheen ’n vennoot van die maatskappy was, gewikkel oor die aard van sy belegging in Conforama. Steinhoff het voorsiening gemaak vir 23,6% van die waarde van die belang in Conforama op 19 Januarie 2015 sou geskik moet word.

6. Wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van die aanpassings waarvoor die herstaterings gedoen is.

Die inkomstestaat bevat ’n aantal aanpassings wat vereis is om die finansiële posisie van Steinhoff einde September 2017 te korrigeer ná die inligting wat van die PwC-ondersoek verkry is.

Deloitte meen die tydsberekening is onseker.

7. Wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van sekere eiendomstransaksies.

Deloitte verwys na die inskrywing vir eiendom op die balansstaat einde September 2017 waar ’n bedrag van €648 miljoen getoon word vir die grond en geboue in die Kika-Leiner-onderneming. Die verkryging (en dus datum van beheer) is aangepas as deel van die herstateringsproses. Vir die datum kon die bestuur net ondersteuning gee vir die billike waarde met verkryging van een eiendom ter waarde van sowat €93 miljoen. “Ons kan nie genoegsame geskikte ouditbewyse kry vir die verkrygingskoste wat tans in die gekonsolideerde state getoon word nie.”

Die bestuur het ook ’n eksterne waardasie vir die eiendomme vir 30 September 2017 gekry wat tot ’n afskrywing van €351 miljoen gelei het, wat in die inkomstestaat aangedui is. Daarvoor het Deloitte ook nie genoegsame ouditbewyse om die bedrag en die tydsberekening te ondersteun nie.

8. Deloitte het ook nie toegang gekry tot die finansiële resultate vir Kika-Leiner vanaf die maatskappy wat hom intussen gekoop het om die ouditproses te doen nie.

Deloitte het in die ouditverslag klem gelê daarop dat daar nie net direkte gevolge is van die aanpassings nie, maar ook nagevolge weens die gerapporteerde oordrewe inkomste in die vorige tydperk soos op die waardasies en afskrywings van ontasbare en tasbare bates. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 294.36/OZ DOWN -0.0127 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 907.50/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 84.02/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 950.50/OZ DOWN -0.0052 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 294.36/OZ DOWN -0.0127 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 907.50/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 84.02/BBP DOWN -0.0032 | Platinum US$ 950.50/OZ DOWN -0.0052