Steinhoff: 3 direkteure, Jooste by polisie verkla
Steinhoff International het inligting aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens verskaf oor ’n reeks transaksies wat nog drie voormalige uitvoerende direksielede, buiten Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, betrek.
Twee mense met kennis oor dié aangeleentheid sê dit sluit Dirk Schreiber, ’n Duitse burger wat die finansiële direkteur van die Europese filiaal Steinhoff Europe AG (SEAG) was, in.
Ben la Grange, voormalige finansiële direkteur van die groep, en Stéhan Grobler, voormalige maatskappysekretaris wat jare lank ’n direkteur van sekere maatskappye in die groep was, insluitende SEAG, is die ander wat betrek word.
Louis du Preez, ’n direkteur van Steinhoff, het reeds einde Augustus in die parlement gesê ’n verslag van PwC het tot die skorsing van La Grange en Grobler gelei.
Besonderhede oor die vier voormalige direksielede se beweerde betrokkenheid by die gebeure wat daartoe gelei het dat Steinhoff nie sy geouditeerde jaarstate in Desember verlede jaar kon uitreik nie, het na vore gekom in die voortgesette forensiese ondersoek deur PwC, het die bronne gesê.
Einde Augustus is ook berig oor die ondersoek deur die Valke.
Nog drie individue, wat nog nie geïdentifiseer is nie, gaan moontlik ook aangekla word.
PwC se forensiese verslag moet voor die einde van die jaar voltooi wees. Sodra die verslag gepubliseer is, sal amptelike stappe gedoen word teen diegene wat by wangedrag geïmpliseer word, het ’n woordvoerder van die Valke gesê.
Schreiber het nie op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie, en Grobler wou nie kommentaar lewer nie weens vertroulikheidsooreenkomste.
La Grange het gesê hy is nie ingelig dat Steinhoff hom by die Valke aangegee het nie, en kan derhalwe nie kommentaar lewer nie.
Nie Jooste of sy prokureur het op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie.
Steinhoff het egter gesê hoewel ’n verslag in Augustus aan die Valke oorhandig is om ’n reeks transaksies te ondersoek, is geen klagte nog teen enige individue aanhangig gemaak nie.
“Enige gissinge oor die name en die getal mense in die verslag, is bloot dít,” het ’n woordvoerder van Steinhoff op navrae gereageer.
Steinhoff het voorheen gesê PwC fokus veral op transaksies wat van sy balansstaat af plaasgevind het om die waarde van bates te oordryf.
Die maatskappy het meer as $14 miljard se bates in die jaar afgeskryf.
– Bloomberg, bygewerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie