SteinBuild stap ook weg van Steinhoff-naam
Nellie Brand-Jonker – So kan ’n mens nie bou op die toekoms nie, het Steinhoff Doors and Building Materials (SteinBuild) besluit.
Dié volfiliaal van die nuwe Pepkor (wat sy naam verlede jaar van Steinhoff Africa Retail verander het) het aangekondig sy naam is vanaf 28 Januarie The Building Company.
Dit volg op die skandaal wat sedert Desember 2017 by Steinhoff ontvou en sy aandeelprys gekelder het.
Die naamsverandering is deur sy direksie en deur Pepkor goedgekeur.
SteinBuild besit handelsmerke soos BUCO, Timbercity, Tiletoria en Brands 4 Africa.
“Die nuwe naam weerspieël meer akkuraat ons missie en doel om algemene en gespesialiseerde boumateriaal en verwante dienste in Suider-Afrika te verkoop,” sê Steve du Toit, uitvoerende hoof, in ’n verklaring. “Dit is vandag ’n nuwe naam en ’n nuwe era vir ons maatskappy.”
SteinBuild het ’n interessante geskiedenis wat in 2008 begin het.
Steinhoff het in 2008 gesê PG Bison se belange in Timber City en Pennypinchers is herstruktureer om deel te vorm van ’n aparte afdeling onder ’n maatskappy waarvan die naam na SteinBuild verander is. (Steinhoff het in 2004 vir PG Bison bekom.)
’n Uitspraak van die mededingingstribunaal van Julie 2011 toon die meubelgroep JD-groep het die Steinhoff-filiale SteinBuild en Unitrans oorgeneem. In ruil vir dié aandeelhouding sou Steinhoff al die JD-groep se aandele in Abra (’n meubelmaatskappy van Pole) kry en 28% van die JD-groep.
Steinhoff het sowat ’n jaar later beheer van JD geneem.
In 2015 het Steinhoff die ou Pepkor in ’n aandeelruiltransaksie van Christo Wiese en ander partye bekom.
Einde Desember 2015 het SteinBuild, wat toe nog ’n volfiliaal van die JD-groep was, Iliad Africa bekom wat BUCO besit het.
Netwerk24 het in Februarie 2017 berig Wiese se maatskappy Invicta gaan sy bouvoorraadmaatskappye, wat onder meer Tiletoria besit, aan SteinBuild verkoop.
Steinhoff het daarmee die Building Supply Group (BSG) gekoop. BSG het onder meer MacNeil Distribution en MacNeil Plastics besit.
Later in 2017 het Steinhoff ’n nuwe houermaatskappy geskep om al sy Suid-Afrikaanse bates apart plaaslik te noteer. Dié maatskappy het Steinhoff Africa Retail (Star) geheet. Ook die maatskappy wat al die ou Pepkor se maatskappye gekry het, het verlede jaar sy naam verander om weg te doen met die Steinhoff-naam en heet Pepkor. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie